Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Duarte se broer sterf aan koronavirus

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, se broer, Igshaan Dangor, is dood aan komplikasies wat met die koronavirus verband hou.

Die ANC het Sondagaand Dangor se dood bekendgemaak. Hy was 72.

“Dangor het in 1984 in ballingskap gegaan om hom by die ANC se gewapende vleuel, uMkhonto we Sizwe, aan te sluit,” het Paul Mabe, ANC-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Volgens Mabe het Dangor in 1990, nadat die ANC nie meer ’n verbode organisasie was nie, uit ballingskap na Suid-Afrika teruggekeer. Hy het hom by die Riverlea-tak van die organisasie aangesluit en gehelp om die ANC-strukture in Gauteng te bou en te versterk.

Dangor het hom in 1994 by die SA Weermag aangesluit, sê Mabe voorts in die verklaring.

Die organisasie het ook sy medelye met Dangor se familie uitgespreek.

Meer oor:  Jessie Duarte  |  Covid-19  |  Koroanvirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.