Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Dubbel soveel mense sterf in 2de vlaag

Van die 44 399 mense wat reeds in Suid-Afrika aan Covid-19 dood is, is meer as die helfte in die laaste twee maande dood.

Suid-Afrika se Covid-19-syfers toon dat baie meer mense in die tweede vlaag van die pandemie as in die eerste vlaag siek geword het en dood is.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand in ’n toespraak wat regstreeks uitgesaai is, bevestig die land is oor sy tweede vlaag, byna twee maande nadat dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, op 9 Desember aangekondig het die land is vir ’n tweede keer in die greep van die pandemie. ’n Nuwe variant, wat meer aansteeklik is, was vinnig besig om te versprei.

Van die 1 456 309 kumulatiewe gevalle wat reeds aangemeld is, is 663 757 in die bestek van twee maande, in Desember en Januarie, aangemeld. Van die 44 399 sterftes is 22 629 mense in dié twee maande dood.

Die land het in Junie, Julie en Augustus verlede jaar, wat beskou word as die eerste vlaag, altesaam 594 358 gevalle aangemeld, waarvan 460 500 in Junie en Julie was.

Die departement van gesondheid se data toon dat 13 466 sterftes in Junie, Julie en Augustus aangemeld is, waarvan 7 322 in Junie en Julie aangemeld is.

PRETORIA, SOUTH AFRICA - JANUARY 15: Newly dug gra
Nuwe grafte by die Zandfontein-begraafplaas in Pretoria. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Koronavirus  |  2De Vlaag  |  Syfers  |  Sterftes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.