Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Duisende gereed om met toetsing te begin
Pres. Cyril Ramaphosa

Sowat 5 400 van die beoogde 10 000 veldwerkers wat gaan deelneem aan die staat se veldtog om groot getalle mense in bepaalde gemeenskappe vir die koronavirus te toets, is opgelei en is reeds in die gebiede wat as prioriteit beskou word.

Duisende ander sal ook binnekort opgelei word, het pres. Cyril Ramaphosa en sy presidensiële koördineringsraad (PKR) Saterdag gehoor op ’n eerste virtuele vergadering van dié struktuur wat Ramaphosa uit sy huis in Johannesburg gehou het.

Adj.pres. David Mabuza was mede-voorsitter van dié vergadering waaraan verskeie minister, premiers van alle provinsies en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering (Salga) wat munisipaliteite verteenwoordig, deelgeneem het.

Die doel was om die vordering en probleme te bespreek wat tot dusver met die nasionale staat van inperking ondervind is, het Khusela Diko, presidensiële woordvoerder, ná die vergadering in ’n verklaring gesê.

Daar is ook gepraat oor ’n regruk-strategie vir Suid-Afrika se sukkelende ekonomie.

Pres. Ramaphosa het gesê hy besef hoe swaar mense kry en watter ongerief die nasionale inperking veroorsaak, maar hy het weer daarop gewys dat die lande wat beperkings op beweging en byeenkomste ingestel het, daarin slaag om die infeksievlakke af te plat.

Hy het die regering en die samelewing in die breë ook versoek om voort te bou op die impetus wat nou geskep is om te heroorweeg hoe regerings, ondernemings en gemeenskappe funksioneer en met mekaar verband hou. “Die koronavirus het alles verander,

“Hy het die regering en die samelewing in die breë ook versoek om voort te bou op die impetus wat nou geskep is om te heroorweeg hoe regerings, ondernemings en gemeenskappe funksioneer en met mekaar verband hou. “Die koronavirus het alles verander,” het Ramaphosa luidens die verklaring gesê.

Diko sê die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (NatJoints) het ook verslag gedoen oor onder meer hoe mense voldoen aan die regulasies oor die inperking.

Daar is ook aandag gegee aan die opsporing van mense wat kontak gehad het met besmette mense, asook akkommodasie-vereistes vir byvoorbeeld plekke waar mense onder kwarantyn kan bly, asook die uitrol van die massa-toetsprogram vir sekere gemeenskappe.

Prioriteitsdistrikte en 993 wyke wat bestaan uit die kwesbaarste en hoërisikogemeenskappe, asook gebiede met hoë infeksievlakke is geïdentifiseer.

“Prioriteitsdistrikte en 993 wyke wat bestaan uit die kwesbaarste en hoërisikogemeenskappe, asook gebiede met hoë infeksievlakke is geïdentifiseer.”

Provinsies werk ook saam met die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste om toetspersele te identifiseer. Dit sal sowel permanente as mobiele toetseenhede insluit.”

Diko het ook gesê die Covid-19-databestuursentrum waarsku die regering vroegtydig oor moontlike groepinfeksies. Só word doelgerigte toetsing in geïdentifiseerde gebiede bestuur.

“Daar is ook daaglikse skattings oor infeksies, die plaaslike vermoëns vir gesondheidsorg en die doeltreffendheid van die inperking.

“Daar is ook daaglikse skattings oor infeksies, die plaaslike vermoëns vir gesondheidsorg en die doeltreffendheid van die inperking.”

Volgens Diko het die PKR verder ook gepraat oor die verskaffing van noodsaaklike mediese voorraad. Dit het ingesluit regulasies wat ingestel is om die uitvoer van sulke voorraad te beperk.

Die regering sal ook sy pogings versterk om toe te sien dat die plaaslike vervaardiging van sulke produkte verhoog word. Staatsentiteite se vermoë om dié soort produkte te vervaardig sal ook oorweeg word.

Die departement van water en sanitasie is geloof vir die verhoogde toegang tot water oor die land heen deur 6 000 bykomende watertenks en 723 vragmotors tot dusver. Die program sal aansienlik uitgebrei word en sal selfs ná die pandemie in plek gehou word.

Premiers het die behoefte uitgespreek vir beter koördinering en kommunikasie oor die staat van inperking regoor alle regeringsfere.

Almal het herbevestig dat die regulasies bindend en eenvormig oor die hele land heen is.

Die duidelikheid wat oor die onlangse wysigings aan die regulasies veral ten opsigte van informele handelaars en minibustaxi’s gegee is, is verwelkom.

Salga het bevestig dat munisipaliteite gereed is om permitte aan informele handelaars en spazawinkels uit te reik soos die regulasies uitstippel, terwyl hulle ook gereed is om plekke vir kwarantyn te oorhandig.

Ramaphosa het die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings geloof vir die georkestreerde pogings om verligting te bied aan die mees kwesbare mense in gemeenskappe en die informele sektor.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Toetsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.