Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Duisende teken versoekskrif oor tugstappe teen dokters

Meer as 13 000 mense het al ’n aanlyn versoekskrif aan die Wes-Kaapse departement van gesondheid geteken teen die skorsing en afdanking van twee dokters van die Tygerberg-hospitaal.

Intussen het dr. Kim Morgan Vrydag bevestig dat sy en dr. Mathew de Swardt van dié hospitaal in Kaapstad ’n formele dispuut oor onbillike afdanking en skorsing by die bedingingsraad vir die openbare-gesondheid-en-maatskaplike sektor (PHSDBC) ingedien het.

Die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad.Foto: Argief

“Die versoekskrif is onder ons aandag gebring. Dit is deur mededokters geskep en dit blyk dit word wyd gesteun deur nie net mediese personeel nie, maar ook die publiek,” het Morgan by navraag aan Netwerk24 gesê.

“Ons het nie die versoekskrif geskep nie en ook nie gedeel nie, maar voel natuurlik geëerd oor die oorweldigende steun.”

Die hospitaal het die dokters van diefstal beskuldig, maar die twee dokters sê hulle het gebreekte stoele van die hospitaal met toestemming verwyder om te herstel en in die teekamer te gebruik. Ná ’n tugverhoor deur die hospitaal is Morgan met een maand onbetaalde verlof gestraf en sy het ’n finale skriftelike waarskuwing gekry. De Swardt is afgedank.

Teen 16:00 Vrydag is die versoekskrif op change.org al deur 13 040 mense geteken.

Luidens die versoekskrif is Morgan en De Swardt geviktimiseer en onbillik behandel.

“Ons stem nie saam met die regstreekse uitwerking wat die tugstappe teen hulle op gesondheidsdienste en die sorg van pasiënte het nie en is ook woedend oor die onregverdigheid daarvan dat hulle skuldig bevind is aan die diefstal van hospitaaleiendom.”

In die versoekskrif word ’n beroep op die provinsiale departement gedoen om “albei ons kollegas” onmiddellik terug in hul pos te herstel, ter wille van pasiënte en as ’n teken van die hospitaal se verbintenis tot billike en deursigtige indiensnemingspraktyke.

Laticia Pienaar, woordvoerder van die Tygerberg-hospitaal,

het Maandag gesê die provinsiale departement van gesondheid hersien die billikheid van die tugproses teen die dokters.

“Met die afhandeling van die hersieningsproses sal die departement op die gepaste stappe besluit.”

Morgan het egter Vrydag gesê sy en De Swardt is nog nie formeel in kennis gestel van enige hersiening nie.

Wendy Philander, DA-lid van die wetgewer en woordvoerder oor gesondheid, het Vrydag in ’n verklaring gesê die DA in die Wes-Kaap verwelkom die hersiening van die tugstappe teen die twee dokters.

Philander sê ook die twee beweer hulle het die stoele aan die hospitaal terugbesorg en het niks gesteel nie.

“Die inligting wat onder ons aandag gebring is, vereis ’n spoedige reaksie. Die voorval word al sedert die begin van die jaar uitgerek.”

Volgens Philander het die nagevolge ’n negatiewe uitwerking op die dokters se loopbaan sowel as die werklas van mediese personeel by die Tygerberg-hospitaal, een van die grootste gesondheidsgeriewe in die provinsie en die land.

Meer oor:  Tygerberg-Hospitaal  |  Dokters  |  Tugstappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.