Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Duisende van 2 Kaapse nedersettings verskuif vir veiligheid

Inwoners van twee van Kaapstad se dig bewoonde woonbuurte, Dunoon en Kosovo, gaan verskuif word na tydelike alternatiewe blyplek om te keer dat die koronavirus hier onder inwoners maai.

2 000 van die 5 500 huishoudings in die Kosovo-nedersetting gaan as ’n saak van dringendheid verskuif word sodra tydelike wooneenhede verkry is.

Tertius Simmers, die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, het Sondag gesê daar sal veral gefokus word op bejaarde en gestremde mense omdat hulle die kwesbaarste inwoners is.

In die geval van Dunoon sal mense tydelik na ’n stuk grond verskuif word wat aan die provinsiale regering behoort.

In die geval van Dunoon sal mense tydelik na ’n stuk grond verskuif word wat aan die provinsiale regering behoort.

Daar sal met die Kaapstadse metro saamgewerk word om die verskuiwing te help bewerkstellig.

Simmers het kommentaar gelewer nadat Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, aangekondig het Dunoon en Kosovo moet minder mense hê en dat inwoners tydelik verskuif moet word.

Sisulu het Saterdag gesê omdat informele nedersettings ’n hoë digtheid van mense het, kan die Covid-19-pandemie maklik hier posvat, en sal die regering noodgedwonge van dié mense op ander plekke moet hervestig.

Sisulu het gesê altesame 29 digbevolkte informele nedersettings is oor die land heen geïdentifiseer waar die virus vinnig kan versprei.

Simmers het gesê daar sal binne die volgende paar dae met die inwoners kontak gemaak en aan hulle verduidelik word hoe die proses gaan werk.

Meer oor:  Dunoon  |  Kosovo  |  Covid  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.