Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Eerste besending Pfizer uit Amerika kom in SA aan

Suid-Afrika se inentingsprogram het ’n welkome inspuiting gekry met ’n skenking van 5,6 miljoen dosisse entstof van Amerika. Die eerste 2,8 miljoen dosisse Pfizer-entstof van dié skenking het Saterdag op die O.R. Tambo-lughawe aangekom.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het die senior afvaardiging gelei wat die besending op die aanloopbaan in ontvangs geneem het.

Volgens Kubayi-Ngubane sal die res van die skenking na verwagting Dinsdag in die land aankom.

“Hierdie skenking kom betyds terwyl ons voorberei om in September met die inenting van 18-jariges te begin. Vandag se skenking dra ook daartoe by om die departement in staat te stel om sy vasgestelde teikens te bereik om die meerderheid van die bevolking binnekort ingeënt te kry,” het die nasionale departement van gesondheid op sy Twitter-blad geplaas.

KYK: Die eerste besending van 2,8 miljoen Pfizer-entstof het Saterdag in die land gekom. Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het die besending van Todd Haskell van die Amerikaanse ambassade in ontvangs geneem. Foto’s: Departement van Gesondheid / Twitter

Todd Haskell van die Amerikaanse ambassade het die oorhandiging behartig.

Kubayi-Ngubane het ook later in ’n verklaring gesê van die entstof sal deur die Afrika-Unie na ander Afrikalande versprei word.

Die minister het bygevoeg: “Dié is ’n enkele bilaterale skenking en toon die goeie verhouding tussen ons twee lande. Dit toon ook die erns van die Amerikaanse regering om die verhouding op die lange duur vol te hou.”

Intussen kon die inenting van mense ouer as 35 Sondag amptelik begin deur middel van afsprake. Talle in hierdie ouderdomsgroep het reeds sonder afsprake by inentingslokale opgedaag sedert hulle op 14 Julie op die elektroniese inenting-datastelsel (EVDS) kon begin registreer.

Sedert Vrydag mag joernaliste jonger as 35 ook hul inentings ontvang, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en die departement aangekondig.

Kubayi-Ngubane het almal in dié groep wat nog nie geregistreer is nie aangemoedig om dit so gou moontlik te doen.

Teen Saterdag was daar ’n totaal van 34 422 nuwe inentings wat die totale inentings op 7 544 539 te staan gebring het.

Die dodetal het gestaan op 72 013.

Meer oor:  Pfizer-Entstof  |  Inentings  |  Amerika  |  Covid-19  |  Skenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.