Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Eerste geval van Covid-19 in Afrika

Die nuwe koronavirus, Covid-19, het na nóg ’n vasteland versprei nadat Egipte se regering Vrydag ’n geval van die dodelike virus by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aangemeld het.

Dit is die eerste bevestigde geval op die Afrika-vasteland sedert die virus in Wuhan, China, in Desember uitgebreek het.

Khaled Megahed, woordvoerder van die departement van gesondheid in Egipte, het bevestig dat “laboratoriumtoetse gedoen is, die pasiënt in kwarantyn geplaas en die WGO in kennis gestel is,” berig Euronews.

Volgens die departement is die man ’n buitelander.

NBC News berig almal wat in kontak met die pasiënt was, sal vir 14 dae in kwarantyn geplaas word.

“Die gebou waarin die persoon gebly het, is ook gesteriliseer,” sê dr. Khaled Moedjahid, wat verbonde is aan die departement van gesondheid in Egipte.

Die persoon wat die virus opgedoen het, se geslag en nasionaliteit is nie bekend gemaak nie.

Middle East Monitor berig Hala Zajed, Egipte se minister van gesondheid, het onlangs onder baie kritiek deurgeloop weens die manier waarop sy die uitbraak van die virus hanteer het.

Sy het aangekondig dat die Al-Noedjaila-hospitaal in die land gebruik sal word om Egiptiese burgers te behandel wat uit Wuhan terugkeer.

Covid-19 het wêreldwyd reeds 64 460 mense besmet, waarvan 7 171 pasiënte herstel het. 1 384 mense is reeds dood aan die virus.



Meer oor:  Egipte  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.