Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Eerste veldhospitaal in W-Kaap word opgepak
Premier Allan Winde by een van die veldhospitale in Brackenfell. Foto: Jaco Marais

Die eerste veldhospitaal wat in die Wes-Kaap opgerig is, word nou opgepak om by ander provinsies met stygende Covid-19-gevalle te help.

Die premier, Alan Winde, sê hy en dr. Keith Cloete, hoof van die gesondheidsdepartement, het Woensdag die Thusong-sentrum in Khayelitsha besoek waar die span van Dokters sonder Grense (DSG) besig was om die veldhospitaal met sy 60 beddens, wat hulle vroeër die jaar opgestel het, op te pak.

“Die hospitaal het sy deure begin Junie geopen toe die gevalle in die gebied skerp gestyg het, en dié hospitaal het ’n belangrike rol gespeel in ons reaksie op Covid-19 in Khayelitsha.”

Daar is daagliks 241 pasiënte ingeneem en daar was ongelukkig 34 sterftes in die agt weke dat die veldhospitaal in werking was, sê hy.

Die span van DSG sal nou na ander provinsies skuif om ondersteuning daar te bied.

“Die veldhospitaal het nou saam met die Khayelitsha-hospitaal, aan die oorkant van die pad, gewerk en het ’n belangrike rol in die bou van verhoudings in die gemeenskap gespeel.”

Die hospitaal het sy deure begin Junie geopen toe die gevalle in die gebied skerp gestyg het, en dié hospitaal het ’n belangrike rol gespeel in ons reaksie op Covid-19 in Khayelitsha.

Hy het die span van DSG, al die gesondheidswerkers en die vrywilligers vir hul toewyding bedank.

Tydens hul besoek aan die hospitaal het Cloete aangedui dat Khayelitsha tans 16 aktiewe gevalle per 100 000 mense het, vergeleke met 588 aktiewe gevalle per 100 000 op 15 Junie.

Daar was ook ’n afname in sterftes in Khayelitsha na 13 oor die afgelope sewe dae, terwyl daar in Junie 83 mense in ’n week dood is.

“Khayelitsha het regtig hoop in die krisis gebring. In ’n stadium het dié gebied die hoogste getal infeksies in die provinsie gehad, en met ’n groot bevolking van mense met onderliggende siektes en risikofaktore kon dié storie anders geëindig het.”

Hy sê hoewel die Wes-Kaap die piek van infeksies in die metrogebied oorkom het, is hulpbronne om infeksies te beheer nog nodig in sekere landelike gebiede.

Die Sonstraal-hospitaal in die Paarl het Woensdag sy eerste veldhospitaal daar geopen.

Die Wes-Kaap het teen eenuur Woensdagmiddag altesame 6 857 aktiewe Covid-19-gevalle gehad. Tot nou toe is 99 074 gevalle aangemeld en 88 734 van hulle het reeds herstel.

Altesame 7 907 gevalle is tot dusver in Khayelitsha aangeteken waarvan 7 336 al herstel het.

Meer oor:  Alan Winde  |  Thusong-Sentrum  |  Khayelitsha  |  Veldhospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.