Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Eerste Vrystaatse polisielede ingeënt
Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiekommissaris, word Donderdag ingeënt. Foto: Marita Herselman

Die polisie in die Vrystaat het amptelik met sy inentingsprogram teen die koronavirus begin, met sy polisiekommissaris wat vir die eerste prik gesit het.

Die polisie in dié provinsie se maand lange inentingsprogram is Donderdag in Bloemfontein geloods en sal vanaf Maandag volstoom oor die Vrystaat heen voortgaan.

16 inentingspunte is oor die provinsie vir die polisie aangewys.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiekommissaris, was die eerste van die beoogde 500 mense wat met die bekendstelling op die Bobbiespark-sportveld in Fichardtpark ingeënt is.

Volgens kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, is 58 Vrystaatse polisielede tussen Julie 2020 en Junie 2021 aan Covid-19 dood, en 2 008 lede het die virus tussen Maart 2020 en Julie 2021 opgedoen.

Mbambo sê die polisie is bly om nou aan die beurt te wees en sodoende ook dienslewering te verbeter deur die daaglikse sluit van polisiekantore weens die virus te beperk.

Deur ingeënt te word beskerm polisielede nie net hulself nie, maar ook die gemeenskap wat hulle bedien, sê sy.

Sy sê hoewel die inenting vrywillig is, word lede aangemoedig om dit te kry om die risiko te beperk om die virus op te doen.

“Hoewel ons steeds lede het wat effens huiwerig is, of wat nie ingeënt wil word nie, stel die meeste regtig daarin belang om dit te kry.”

Meer oor:  Vrystaat  |  Polisie  |  Inentingsprogram  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.