Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Egpaar pleit: ‘Sonder jou af’

’n DA-wyksraadslid van Knysna en sy vrou, wat albei positief getoets is vir Covid-19, kon nog nie aan hul 12-jarige dogter raak sedert hulle op 13 Maart in George geland het uit Europa nie.

Candace en Peter Myers was vir ’n troue in Switserland en vir ’n paar dae in Praag en Wene. Foto: Facebook

Die dogter bly selfs in ’n aparte deel van hul huis.

Peter en Candace Myers was verlede week in Switserland vir hul peetseun se troue en het ook Praag en Wene besoek.

Peter se swaer het die egpaar op Vrydag 13 Maart by die lughawe op George met maskers en al ingewag nadat hulle die ondersoeke vir koors by die O.R. Tambo-lughawe met vlieënde vaandels geslaag het.

Saterdagoggend vroeg het hulle koors, koue rillings, lyfseer en hoofpyn begin ervaar.

‘Ons albei kan nie proe of ruik nie.’

Peter sê hulle het eers ’n private laboratorium by die Life Knysna-hospitaal gebel en is aangesê om in te kom vir die toets. Daar aangekom, het beamptes skielik gesê hulle het opdrag gekry om nie meer die Covid-19-toets te doen nie. Peter en sy vrou is toe na hul dokter, wat ’n toets by Ampath gereël het. Daar het beamptes die toets in hul motor kom doen.

Peter het aan Rapport gesê hy het intussen ’n slegte hoes ontwikkel. Hy het ook steeds koors. Candace het Vrydag op Facebook gesê sy voel baie beter en haar hoofpyn is weg. “Ons albei kan nie proe of ruik nie. Ons aptyt is ook nie te watwonders nie, maar ons eet om ons energievlakke hoog te hou,” skryf sy.

Peter sê hulle kon hul 12-jarige dogter nog nie eens ’n drukkie gee vandat hulle by die huis is nie. Hy sê hulle is vroeër die week deur owerhede gekontak, waaronder die nasionale intelligensiediens, wat detail oor hul vlugte kom haal het, en die hoof- mediese beampte in die distrik, wat hulle besoek het.

Kim Whitaker sê die gemeenskap se bystand is ongelooflik. Foto: Health24

“Ons het probeer om elke liewe voorsorgmaatreël te tref, maar het nogtans die virus gekry. Jy het geen idee waar dit is of wie dit het nie. Die enigste ding om te doen is om jouself te isoleer sodat jy dit nie kry nie, of as jy dit reeds het, ander nie aan te steek nie.”

Hulle isoleer hulself vir 21 dae, gebruik medisyne wat oor die toonbank beskikbaar is en drink warm water met suurlemoen, gemmer en heuning.

Teen Vrydag het hul dogter en Candace se broer nog geen simptome getoon nie.

’n Kaapstadse sakevrou en ma, Kim Whitaker (35), het ook die afgelope week na vore gekom en gesê sy is positief getoets ná ’n besoek twee weke gelede aan Duitsland en Oostenryk. Toe sy verlede week in Kaapstad geland het, het sy geen koors gehad nie, sê Whi­taker, uitvoerende hoof van die Once Travel-maatskappy in Kaapstad, aan Health24.

Sy was trouens baie ontsteld toe haar kinders se skool daarop aandring dat alle ouers wat in die buiteland was, hulself vir 14 dae moet isoleer.

Sy wou haarself laat toets en hulle verkeerd bewys, sê sy.

Toe sy sit vir die toets en die ver­pleër inkom sonder handskoene of ’n masker, het sy vir die eerste keer gedink hoe aaklig sy sal voel as sy die virus aan iemand oordra. “Die verpleër het op sy senuwees gelyk, maar het vriendelike oë gehad. Die toets was effens onaangenaam, om die minste te sê.”

Whitaker is in self-isolasie. Sy sê die gemeenskap se hulp en bystand is ongelooflik. “Ek het ’n gevoel ons gaan terugkyk en dié tyd as ’n keerpunt vir die mensdom beskou.”

Meer oor:  Kim Whitaker  |  Candace Myers  |  Peter Myers  |  Kwarantyn  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.