Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Ek moes self oor sigarette gesê het’ – Ramaphosa

Dit was ’n fout dat hy nie self die aankondiging gedoen het dat die verkoop van sigarette nie op vlak 4 toegelaat sou word nie, nadat hy aanvanklik gesê het dit sal wel die geval wees.

So het pres. Cyril Ramaphosa Sondagmiddag in ’n aanlyn vergadering met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) toegegee.

Die aankondiging dat die verkoop van sigarette nie toegelaat sal word nie, is uiteindelik deur dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake en die minister verantwoordelik vir die regering se Covid-19-regulasies, gedoen.

Ramaphosa het toegegee dit het ’n “onsmaaklike situasie veroorsaak”. Dit het mense laat sê Dlamini-Zuma het die president ondermyn.

“Dit (die besluit oor die verkoop van sigarette) was ’n kollektiewe besluit,” het Ramaphosa gesê.

Die president het ook toegegee van sy kabinetslede was “oorentoesiasties” met van die inperkingsmaatreëls.

“Ek het vir die ministers gesê die kommunikasie moet duidelik en onomwonde wees. Daar kan nie teenstrydighede wees nie.

“Die regulasies mag nie wanvertolk word nie,” het Ramaphosa gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa Sondagmiddag aan die woord.Foto: Presidensie
Meer oor:  Sanef  |  Cyril Ramaphosa  |  Koronavirus  |  Rookverbod  |  Inperking  |  Sigarette  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.