Pres. Cyril Ramaphosa het tot Maandag om 17:00 kans om in besonderhede Suid-Afrika se entstofplan bekend te maak indien hy hofoptrede deur die DA wil vermy.
Dit kom nadat die DA se prokureurs verlede Maandag aan die presidensie geskryf het waarin hy sewe dae gegun is om die volledige planne openbaar te maak.
Die regering loop die afgelope ruk erg onder kritiek deur weens gerugte dat hy gesloer het met die aankope van entstowwe, asook met sy plan om dit toe te dien.
Siviwe Gwarube, DA-woordvoerder oor gesondheid, het by navraag gesê as die regering nie teen 17:00 antwoord nie, gaan die party hof toe.
Gwarube sê in ’n verklaring die DA sal as ’n laaste opsie hof toe gaan omdat die pleidooie om nader besonderhede oor die plan te kry, tot dusver op dowe ore geval het.
Navrae is gerig aan Tyrone Seale, woordvoerder van Ramaphosa, en sy kommentaar sal bygewerk word indien en sodra dit ontvang word.