Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Entstof: Probleme as J&J nie gou genoeg kom

Daar kan probleme ontstaan met die inentingsprogram in veral plattelandse gebiede as die Johnson & Johnson-entstof nie vir gebruik beskikbaar gestel word nie.

Die staat wag al langer as ’n maand vir goedkeuring van die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) om die entstof in Gqeberha beskikbaar te stel.

As dit nie binne die volgende twee weke kom nie, kan probleme verwag word met inentings in veral landelike nedersettings, sê prof. Barry Schoub, voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19-entstowwe.

“Ons hoop dit word nog vandeesweek beskikbaar gestel, maar daar is geen sekerheid nie.

“Intussen word mense in landelike gebiede nie ingeënt nie omdat die Pfizer-entstof nie gebruik kan word nie,” sê Schoub.

Dié entstof moet teen -70 °C geberg en vervoer word en daar is nie toerusting beskikbaar om dit so te vervoer nie.

Suid-Afrikaners kan tans net die entstof van Pfizer en J&J gebruik, omdat dit die enigstes is wat doeltreffend is teen die Suid-Afrikaanse variant.

Schoub sê die J&J-entstof word by ’n hele paar aanlegte vervaardig en daar het glo by een van hulle ’n probleem ingesluip.

Hulle het vroeër al gesê die probleem was by die Bayview-aanleg in Amerika. Die FDA het glo ook al oudits by al die aanlegte gedoen.

Volgens Schoub was daar geen probleme by die aanleg in die Oos-Kaap nie, maar die regering moet wag op goedkeuring van die FDA.

GGEBERHA, SOUTH AFRICA - MARCH 29: South African P
Pres. Cyril Ramaphosa, sy adjunk David Mabuza en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid het die Aspen-aanleg in Gqeberha in die Oos-Kaap in Maart vanjaar besoek. Foto: Lulama Zenzile

Prof. Susan Goldstein, ’n kenner van openbare gesondheid aan die Universiteit van die Witwatersrand, hoop ook die entstof sal vandeesweek beskikbaar gemaak word.

Sy sê daar is ook ’n probleem met die regering se definisie van ’n landelike gebied.

“ ’n Plek soos Bosbokrand (in Mpumalanga) is dig bevolk, maar word as ’n landelike gebied geklassifiseer,” sê Goldstein. “As dit ’n klomp plase was wat ver uitmekaar is, was die risiko om die virus te kry kleiner en was ons nie so bekommerd nie.”

Yuven Gounden, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra), sê hulle praat met J&J oor die beskikbaarstelling van die entstof in die Aspen-aanleg in die Oos-Kaap.

“Ons behoort teen einde vandeesweek meer inligting oor die kwessie bekend te maak,” sê hy.

Die regering het nie op Netwerk24 se navrae hieroor gereageer nie.


SYFERS UIT CYRIL SE TOESPRAAK

Uit pres. Cyril Ramaphosa se toespraak Sondagaand was die volgende duidelik:

• Altesame 960 000 mense, oftewel 1,63% van die bevolking in Suid-Afrika, het reeds minstens een dosis van ’n entstof teen Covid-19 ontvang;

• 480 000 mense van ouer as 60 jaar, asook mediese werkers, het reeds die eerste dosis van die Pfizer-BioNTech-entstof ontvang;

• Sowat 480 000 mediese werkers is sedert Februarie in fase 1 ingevolge die Sisonke-studie met ’n enkeldosis-entstof van Johnson & Johnson (J&J) ingeënt;

• Omdat die Pfizer-entstof twee dosisse vereis vir die maksimum uitwerking, moet die tweede dosis hoogstens 42 dae ná die eerste toegedien word;

• Sowat 3 miljoen mense het reeds op die elektroniese entstofdatastelsel (EVDS) geregistreer;

• Daar is nou meer as 400 persele in die staat- en private sektor oor die land heen waar inentings toegedien kan word;

• Sowat 67% van alle gesondheidswerkers is al ingeënt;

• Die regering het genoeg entstof verseker vir die sowat 40 miljoen volwassenes in die land. Dit sluit in 31 miljoen entstofdosisse van J&J en 20 miljoen van Pfizer.

• Omtrent 1,3 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof is reeds versprei en 500 000 daarvan is toegedien.

• Die volgende 636 000 dosisse van die Pfizer-entstof sou Sondagaand in die land aankom. Weeklikse besendings van dié omvang word tot einde Junie verwag. Teen dan sal dit sowat 2,5 miljoen dosisse wees;

• Net mense ouer as 60 en gesondheidswerkers mag nou ingeënt word. Die volgende groepe sal later aangekondig word;

• Die vervaardigers van die Russiese Sputnik V-entstof en een van die Chinese entstowwe is ook besig met die proses om goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) te verkry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.