Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Entstof: ‘Selfsugtig om nie patentereg vir eers te los’

Die “selfsugtige en onbillike” weiering van farmaseutiese maatskappye en Westerse regerings om noodgoedkeuring te verleen vir die tydelike kwytskelding van die intellektuele patentereg op Covid-19-entstof, bedreig die hele wêreld.

So het pres. Cyril Ramaphosa Maandag gesê met die opening van die virtuele sitting van die Katar- ekonomiese forum.

“Dit is selfsugtig, dit is onbillik en dit is geheel en al onregverdig,” sê Ramaphosa.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Gallo Images

Hy het reeds verlede jaar saam met Indië begin om farmaseutiese maatskappy te probeer oorhaal om tydelik die intellektuele patentereg op Covid-19-entstowwe te laat vaar. Só ’n kwytskelding sal meer lande in staat stel om entstowwe te vervaardig.

“Ons word in die gesig gestaar deur ’n noodtoestand wat die hele wêreld raak ... en sommige lande weier om dié bepaling tersyde te stel.”

Sowel pres. Joe Biden van Amerika as pres. Emmanuel Macron van Frankryk is ten gunste van die tydelike kwytskelding van handelsverwante aspekte van intellektuele eiendomsreg (oftewel Trips).

Farmaseutiese maatskappye, Duitsland, Switserland en die Wêreldbank is egter teen die voorstel gekant omdat hulle meen so ’n kwytskelding sal innovasie smoor en dat entstofvoorraad deur ’n tekort aan produksievermoë beperk word.

Sowel Suid-Afrika as Indië het reeds gesê hulle het meer as genoeg kapasiteit vir die vervaardiging van die entstof.

“Al wat ons vra, is ... ’n tydperk van drie jaar om lande wat die vermoë het om die entstowwe te vervaardig, dit te laat doen,” sê Ramaphosa.

“Niemand is veilig totdat almal in die wêreld veilig is nie.”

Suid-Afrika het een van die laagste inentingsyfers ter wêreld.

Suid-Afrika, wat in die derde vlaag van die koronaviruspandemie is, kon tot dusver nog net 2 miljoen mense, sowat 1,8% van sy bevolking, inent. Dit is een van die laagste inentingsyfers ter wêreld.

Ramaphosa sê ondanks die terugslag wat die land se inentingsprogram beleef het met die vernietiging van 2 miljoen dosisse van Johnson & Johnson se entstof weens kontaminasie by ’n vervaardiger in Amerika, gaan Johnson & Johnson 2 miljoen plaasvervanger-dosisse na die land stuur.

Hy het herhaal dat die logistiek verbonde aan die Johnson & Johnson-entstof makliker is, veral in afgeleë plattelandse gebiede. Reuters

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Entstof  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.