Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Entstof ‘teen Sondag in SA’

Daar is geen rede tot paniek nie – die eerste entstowwe teen die koronavirus is onderweg na Suid-Afrika.

“Ons hoop om dit reeds teen Vrydag te hê, maar ons sal die dosisse wel teen die einde van die maand (Sondag) hê,” het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Maandagoggend op Morning Live gesê.

Volgens hom beteken dit dat Suid-Afrika in Februarie met sy inentingsprogram kan begin. Gesondheidswerkers sal eerste ingeënt word.

Ingevolge die regering se drie-stap-program word gesondheidswerkers in fase een ingeënt, in fase twee kom onderwysers, polisielede, bejaardes, mense met onderliggende siektes en gevangenes aan die beurt en in fase drie die res van die land.

Mkhize sê die regering verwag een miljoen dosisse teen einde Januarie in die land, met nog 500 000 dosisse wat in Februarie verwag word.

“Ons verwag ekstra dosisse in Februarie en Maart. Dit sal aangekondig word soos wat die ooreenkomste afgehandel word. Ons sal binnekort kan sê wanneer die res van die entstowwe kom.”

Mkhize het ook in die onderhoud gesê die departement is nie nou bekommerd oor hoe doeltreffend die entstof is nie.

Hy meen ’n entstof wat 70% doeltreffend is, is steeds “goed genoeg omdat dit darem ’n begin is”.

“Al hierdie entstowwe is goedgekeur, en omdat dit goedgekeur is, is dit goed.”

Hy het Suid-Afrikaners gemaan om nie entstowwe te meng nie.

“Die meeste van hierdie entstowwe bestaan uit twee dosisse. Indien jy jou eerste dosis by AstraZeneca gekry het, moet jy jou tweede ook by daar kry. Moenie dan ’n dosis van ’n ander vervaardiger gaan kry nie.”

Hy sê mense moet sowat ses weke tussen die twee dosisse wag.

Mkhize sê die regering sal ná die eerste fase van die inentingsprogram weet wanneer die res van die entstowwe in die land sal aankom.

“Aanvanklik is van lande verwag om die entstofprogram blindelings te vertrou en geld vir die entstowwe neer te sit, hoewel ons nie geweet het of dit gaan werk nie. As die entstof nie gewerk het nie, sou lande hul geld verbeur het.”

Mkhize sê Suid-Afrika het met AstraZeneca onderhandel vir ’n entstof wat teen $5 per dosis verkoop word. Hy sê Pfizer het Suid-Afrika aanvanklik $15 per dosis probeer vra, maar ná onderhandelings die prys na $10 verlaag.

Suid-Afrika sal ook entstowwe van Johnson & Johnson kry.

Meer oor:  Zweli Mkhize  |  Entstowwe  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.