Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Esidimeni: 59 pasiënte nog nie opgespoor
Afgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke lei die mediasieproses.

Die gesondheidsdepartement weet nie wat van 59 van die psigiatriese pasiënte wat uit die Life Esidimeni-klinieke na verskeie nieregeringsorganisasies oorgeplaas is, geword het nie.

Boonop is sewe pasiënte wat daarna dood is, nog nie uitgeken nie omdat hul naasbestaandes nie opgespoor kan word nie.

So het dr. Malebona Precious Matsoso, direkteur-generaal van die nasionale departement van gesondheid, Donderdagoggend in die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor getuig.

Die verhoor word gehou nadat 118 psigiatriese pasiënte dood is nadat hulle tussen Maart en Junie 2016 geskuif is na 27 nieregeringsorganisasies om koste te bespaar. Die meeste is dood weens wanvoeding, ontwatering, longontsteking of onbeheerde stuiptrekkings.

Matsoso het in haar getuienis gesê die regering het, nadat dit op die lappe gekom het dat die pasiënte nie behoorlike sorg ontvang nie, ’n taakspan saamgestel om die pasiënte op te spoor en te identifiseer, maar dat 59 pasiënte nooit gekry is nie – hoewel hul welsynstoelae steeds elke maand opgeëis word.

Van die mense in die openbare galery, onder wie familielede van die pasiënte, het hoorbaar na hul asems gesnak by die aanhoor hiervan.

’n Emosionele Matsoso het getuig: “Ek wil om verskoning vra vir hierdie mislukking. Dit moes nooit gebeur het nie.’’

Adjunkhoofregter Dikgang Moseneke, voorsitter van die arbitrasieverhoor, het geantwoord: “Dankie vir die verskoning. Ons het ’n regering nodig wat reageer, ons het ’n regering nodig wat omgee. Hierdie reaksie is verblydend.”

Matsoso se getuienis duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.