Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Esidimeni-families gaan Maimane ‘nie vergewe’

Families van psigiatriese pasiënte wat in die Life Esidimeni-tragedie dood is, sê hulle gaan Mmusi Maimane, DA-leier, nie vergewe vir die gebruik van hul oorlede familielede se name op ’n DA-reklamebord nie.

Die DA het verlede week die bord met die opskrif “Die ANC vermoor ons” en die name van die slagoffers van die Esidimeni-skandaal, die Marikana-slagting en kinders wat in puttoilette dood is in Johannesburg opgesit.

Die DA-reklamebord nadat dit onder vandale deurgeloop het. Foto: Felix Dlangamandla

Ngqabutho Mpofu, woordvoerder van Section27, sê die mense is woedend omdat die DA die lyding en hartseer van arm gesinne vir politieke gewin, gebruik.

Nadat die bord gevandaliseer is, het die DA Dinsdag ’n nuwe boodskap wat lui: “ANC gee nie om vir Suid-Afrikaners nie” op die geskeurde reklamebord geplaas.

Maimane het Donderdag op ’n gedenkdiens vir die oorledenes verskoning gevra en gesê die reklamebord is nie vir politieke doeleindes nie. Die DA gaan nie die bord verwyder nie.

Marie Collitz, wie se man in die Esidimeni-skandaal dood is, sê sy het nie die gedenkdiens bygewoon nie.

“Hoekom sal ek gaan? Ek is baie ongelukkig oor die reklamebord. Die DA praat die waarheid. Die ANC hét ons mense doodgemaak. Maar die DA gebruik ons mense sodat hulle kan wen.”

Mmusi Maimane Foto: Deaan Vivier

Sy meen dit sou ’n ander saak gewees het as die party die reklamebord al lankal opgerig het. “Dis amper verkiesingstyd. Dit krap nou ou wonde oop. Ek is nie iemand wat polities is nie, maar hulle gebruik ons teen die ANC.”

Collitz sê sy kan nie die DA vergewe vir wat hy aan die families gedoen het nie en weier om die bord af te haal. Sy meen dit was baie laag van die DA.

Christine Nxumalo, wie se suster dood is, sê die families het nie na die DA se gedenkdiens gegaan nie omdat hulle nie eers daarvan geweet het nie.

“Kultureel is dit verkeerd om oorledenes se name so te gebruik.”

Sy sê Maimane se verskoning was nie eers eg nie.

Sy is ook baie bekommerd omdat niemand namens die mense in Marikana praat nie.

Esidimeni-families is nog in gesprek met hul regsverteenwoordigers oor moontlike regstappe teen die DA.

Meer oor:  Section27  |  Mmusi Maimane  |  Politiek  |  Da
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.