Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Europa senuagtig oor virus wat vinnig in Italië versprei

Dit wil voorkom asof Italië nou ook in die kloue van Covid-19 is.

Die dodetal in dié Europese land het Maandag tot sewe gestyg terwyl die dodelike koronavirus teen Maandag reeds by 220 mense gediagnoseer is.

Volgens CNN kom die meeste gevalle (167) in die noordelike streek van Lombardye voor, waarvan die hoofstad Milaan is. Hier mag niemand die dorpe wat die ergste deur Covid-19 geraak word, binnegaan of verlaat nie. Skole is gesluit en ’n karnaval in Venesië, in die aangrensende Veneto-streek, is gekanselleer terwyl al hoe meer gevalle in die land aangemeld word. Winkels en kuierplekke in die noorde van die land is verlate en mense hou hul afstand as hulle met mekaar praat.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê hulle het gevalle buite China, waar die virus ontstaan het, verwag, maar dié vinnige toename is kommerwekkend. Vrydag nog was daar net drie mense wat met Covid-19 in Italië gediagnoseer was, maar dié getal het teen Maandag tot 220 gestyg.

Die markte is senuagtig dat Europa dieselfde pad gaan loop as China, waar lugvervoer onderbreek word en handel en die verskaffing van medisyne, motors en slimfone bemoeilik word. Ook plaaslik het die JSE in ooreenstemming hiermee die grootste daling in tien jaar beleef.

Lede van die weermag staan wag buite ’n katedraal in Milaan, Italië. Foto: Reuters

Bruce Aylward, afgevaardigde van die WGO in China, sê ander lande kan by China leer aangaande die vinnige optrede in reaksie op die uitbreking van die virus in die stad Wuhan in Desember verlede jaar. Aylward glo China is nou op ’n punt waar die getal mense wat van die virus herstel en ontslaan word, meer is as die gevalle van mense wat met die virus by hospitale instap.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die WGO, het intussen in Genève, Switserland, gesê die woord “pandemie” kan nog nie gebruik word om die uitbreking van die virus te beskryf nie, hoewel die moontlikheid in die toekoms nie uitgesluit kan word.

“Ons moet nou eers daarop fokus om die virus hok te slaan, terwyl ons tog ook op ’n potensiële pandemie moet voorberei.”

Intussen is die virus ook by ’n Italiaanse dokter in Spanje gediagnoseer waar hy vakansie op die Kanariese eilande gehou het. Die man is in isolasie geplaas terwyl toetse gedoen is. Die uitslae sal ook na Madrid gestuur word sodat dit vir ’n tweede keer ontleed kan word.

Die dokter is die derde man in Spanje wat positief vir die virus getoets het. Reuters


Meer oor:  Italië  |  Verspreiding  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.