Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Europese Kersvakansie dalk ‘uitgestel’

’n Europese Kersvakansie? Dit gaan ’n tameletjie wees, tensy die koronavirus óók vakansie gaan hou!

Met slegs ses weke tot Kersfees geld inperkings en ander maatreëls nog in verskeie lande.

’n Aantal Europese lande het gewaarsku dit is heeltemal te vroeg om reise te beplan, omdat infeksies steeds op die hele vasteland skerp styg.

In Swede is mense gesê om voor te berei op moontlike reisbeperkings in die vakansietydperk.

Mense loop Donderdagaand verby kersbome in ’n straat in Parys. Foto: Reuters

Intussen het die Ierse en Franse owerhede gesê dit is te gou om te sê of mense reisreëlings kan tref.

Portugal stel op al hoe meer plekke ’n aandklokreël in. Driekwart van die land is van Maandag onder die strengste inperkings tot dusver.

Anders Tegnell, staatsepidemioloog in Swede, het aan burgers gesê om voor te berei op die moontlikheid van beperkte reise tussen verskillende gebiede gedurende die Kerstyd, sodat die gesondheidsorgdienste nie oorweldig word nie.

’n Voorlopige besluit sal waarskynlik oor ’n week of twee geneem word. Hy sê Swede moet voorbereid wees dat dinge nog “voor Kersfees” kan verander.

Pendelaars Woensdag op Stockholm se Sentraal-metrostasie tydens spitstyd. . Foto: Reuters

Donderdag het owerhede 40 nuwe sterftes aangekondig, die land se hoogste daaglikse sterftes die afgelope vyf maande.

Jean Castex, premier van Frankryk, het ook vandeesweek gesê dis te vroeg om te sê of burgers treinkaartjies kan koop om tydens die Kerstyd te reis.

Ingevolge die inperkingsmaatreëls kan mense in Frankryk slegs hul huise verlaat om te gaan werk (indien hulle nie van die huis af kan werk nie), om noodsaaklike goedere te koop, vir mediese redes of om een ??uur per dag te oefen. Alle nienoodsaaklike winkels, restaurante en kroeë is gesluit, maar skole en kleuterskole bly oop.

’n Verlate straat wat met Kersliggies versier is in Galway, Ierland. Die strengste moontlike inperkings geld in die land. Foto: Reuters

In teenstelling het Duitse owerhede aangemeld die streng inperkings het daartoe gelei dat die infeksies aan die afplat is.

Meer as 300 000 mense in Europa is aan Covid-19 dood. – BBC, Reuters en The Guardian


Meer oor:  Coronavirus  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.