Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Fauci hoop Trump sê ondersteuners moet hulle inent

Dr. Anthony Fauci, voorste Amerikaanse kundige op die gebied van aansteeklike siektes, het Sondag gesê hy hoop oudpres. Donald Trump moedig sy ondersteuners aan om die entstof teen Covid-19 te kry.

Fauci het ook gemaan dat inperkingsmaatreëls wat met die Covid-19-pandemie verband hou nie voortydig opgehef moet word nie.

Meer as die helfte van Amerikaanse mans wat hulself verlede week in ’n peiling deur PBS NewsHour/NPR/Marist as Republikeine geïdentifiseer het, het gesê hulle is nie van plan om teen Covid-19 ingeënt te word nie.

Fauci het Sondagaand op die vraag of Trump met sy ondersteuningsbasis oor die Covid-19-entstof moet praat, gesê: “Ek dink dit sal die wêreld se verskil maak. Trump is so ’n sterk en gewilde persoon . . . dit sal die veldtog geweldig help as dit gebeur.”

Fauci het op Fox News gepraat.

Trump het verlede maand die eerste keer op ’n konferensie mense aangemoedig om hulle te laat inent. Fauci het op NBC se Meet the Press gesê: “Hoe so ’n groot getal mense van ’n sekere groep hulle nie wil laat inent nie hoofsaaklik oor hul politieke oortuigings . . . ? Dit maak glad nie sin nie.”Die ander oorlewende Amerikaanse oudpresidente – Barack Obama, George W. Bush, Bill Clinton en Jimmy Carter – sal binnekort saam met hul vroue aan openbare aankondigings deelneem om mense aan te moedig om hulle te laat inent. – Reuters

Meer oor:  Anthony Fauci  |  Donald Trump  |  Pandemie  |  Inentings  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.