Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
FOTO'S: Mense van Alex vaar strate in oor kospakkies
’n Soldaat in Alexandra. Foto: Felix Dlangamandla

Inwoners van Stjwetla in Alexandra het Maandag die strate ingevaar om te protesteer teen wat hulle voel te min kospakkies was wat in hul gebied afgelaai is.

Groot getalle mense was op straat en het van die paaie met klippe en boomstompe afgesper. Hulle is veral gefrustreerd omdat hulle glo hul gemeenskap trek geen voordeel uit die staat se program vir die verskaffing van kospakkies aan behoeftiges oor die land heen nie.

’n Plaaslike gemeenskapsleier wat verkies om anoniem te bly, beweer die kospakkies wat vir hulle bestem was, is gesteel en aan ander mense gegee.

Sommige inwoners is ongelukkig omdat hulle glo te min kospakkies is in hul gebied afgelewer. Foto: Felix Dlangamandla
Van ons leiers steel die kos en ons wil weet wat presies aan die gang is.

“Hulle het vir ons gesê daar is 3 000 pakkies vir dié gemeenskap. Maar sedert dié ding begin het, het niemand van ons nog iets gekry nie. Dit is hoekom die mense kwaad is en die strate afsper,” sê hy.

“Van ons leiers steel die kos en ons wil weet wat presies aan die gang is.”

Dit kom te midde van beweringe in die media dat kospakkies oor die land heen gesteel word tesame met foto’s van desperate mense by verspreidingspunte vir die kospakkies.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy nuusbrief sy verontwaardiging uitgespreek oor die gerugte dat staatsamptenare kospakkies steel en vir hulself hou in die tyd van inperking.

“In ’n paar provinsies is verslae ontvang oor skelm mense, van hulle glo staatsamptenare, wat die kos wat bedoel is vir die armes vir hulself hou en verkoop of na hul familielede stuur. As daar enige waarheid in van dié gerugte is, sal ons ernstig teen dié mense optree,” sê hy.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het alle navrae na die polisie verwys. Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het Maandagaand nog nie enige inligting oor die voorval ontvang nie.

Sommige inwoners is ongelukkig omdat hulle glo te min kospakkies is in hul gebied afgelewer. Foto: Felix Dlangamandla
Volgens ’n plaaslike gemeenskapsleier is die kospakkies wat vir Stjwetla bestem was “gesteel en aan ander mense gegee”. Foto: Felix Dlangamandla
Soldate en lede van die Johannesburgse metropolisie het Maandag die strate in Stjwetla gepatrolleer. Foto: Felix Dlangamandla
’n Gewapende soldaat hou ’n wakende oog oor die situasie. Foto: Felix Dlangamandla
Groot getalle mense was op straat en het van die paaie afgesper met klippe en boomstompe.Foto: Felix Dlangamandla
Die weermag en JMPD het die skare uiteengejaag. Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Alexandra  |  Johannesburg  |  Aflewering  |  Protes  |  Inperking  |  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.