Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gaan dadelik dokter toe, sê vrou ná man aan Covid sterf

Moenie tot môre wag om dokter toe te gaan as jy nie beter word nadat jy positief vir die koronavirus getoets is nie.

Dit is die raad van Lourette Coetzee van Thabazimbi nadat haar man, Jaco (48), Saterdagaand sy stryd teen Covid-19 verloor het.

"As jy nie beter word nie, gaan onmiddellik terug na jou dokter toe. Moenie wag nie, gaan dadelik."

Jaco Coetzee (48) van Thabazimbi is aan Covid-19 dood.

Coetzee het by die Northern Platinum-myn gewerk. Hy is die soveelste inwoner van Thabazimbi in Limpopo wat aan Covid-19 sterf.

Hy en Lourette is in 1999 getroud en woon sedert 2000 in Thabazimbi. Hulle het twee seuns, Luca (15) en Xander (13), wat leerlinge van die Hoërskool Frikkie Meyer is.

Talle inwoners van Thabazimbi is siek en in selfisolasie in hul huis en dit het die Laerskool Thabazimbi genoop om vandeesweek tydelik te sluit.

Lourette sê haar man het op Woensdag 26 Mei begin siek voel.

"Hy het vreeslik lyfseer en koors gehad. Hy het ook kouekoors gekry."

Hy is onmiddellik dokter toe en is positief vir die virus getoets. Hy het egter nie beter geword nie en is eers verlede Woensdag, 2 Junie, terug dokter toe.

"Toe was die virus klaar in sy longe en hy is in die Mediclinic Thabazimbi opgeneem," sê Lourette.

Die dokters het gelukkig vir my en die seuns ’n vergunning gemaak om Jaco van ’n afstand af te kon sien voordat hy per ambulans Rustenburg toe gevat is.

Coetzee se toestand het vinnig agteruitgegaan en die dokters het besluit om hom Vrydag na ’n hospitaal in Rustenburg in Noordwes oor te plaas.

"Die dokters het gelukkig vir my en die seuns ’n vergunning gemaak om Jaco van ’n afstand af te kon sien voordat hy per ambulans Rustenburg toe gevat is."

Coetzee moes daar aan ’n ventilator gekoppel word.

"Die hospitaal het my Saterdag gebel en laat weet ek moet kom; dit gaan nie goed nie. Toe ek daar kom, was dit te laat, hy was reeds weg."

Lourette sê haar man het geen onderliggende siektes gehad nie.

"Ek weet nie waar hy die virus kon opdoen nie. Ons dra ons maskers, was ons hande gereeld en handhaaf ’n gesonde afstand van ander mense. Ons het alles gedoen wat ons moet doen en hy het steeds siek geword."

Kommer oor baie gevalle in Limpopo

Verlede Maandag was die dorp geskok toe Hannes Koekemoer (42), mede-eienaar van Bosveld-paneelkloppers, in die Mediclinic Thabazimbi aan Covid-19 dood is.

’n Dag voordat Koekemoer gesterf het, is Riaan Lategan (56), wat ’n gesondheidsinspekteur by die Waterberg-distriksmunisipaliteit was, in die Mediclinic Thabazimbi ook aan Covid-19 dood.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het Dinsdag die aftreeoord Die Oog besoek.

Luidens die departement van gesondheid in Limpopo se jongste statistieke is Thabazimbi die dorp in die provinsie met die meeste (205) aktiewe Covid-19-gevalle. Polokwane, wat aansienlik groter as Thabazimbi is, het 191 aktiewe gevalle.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het Dinsdag die aftreeoord Die Oog buite Mookgophong besoek nadat vyf inwoners hier dood en meer as 20 positief vir die virus getoets is.

"Ek is bekommerd oor die toename in gevalle in die Waterberg-streek in Limpopo. Hoewel Limpopo se syfers nog nie so hoog soos ander provinsies s’n is nie, moet mense uit winkelsentrums bly, hul masker dra en hul hande was."

Meer oor:  Dr. Phophi Ramathuba  |  Jaco Coetzee  |  Thabazimbi  |  Gevalle  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Dokter  |  3De Vlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.