Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gauteng maar 3 500 minder virusgevalle as VSA

Hoewel die VSA se bevolking 20 keer meer as dié van Gauteng is, is hul jongste daaglikse nuwe koronavirusgevalle skaars 3 500 meer as dié van Suid-Afrika se digs bevolkte provinsie.

Die getal daaglikse nuwe gevalle in Gauteng het tussen 19 en 20 Junie dié van die VSA oortref.

So vergelyk Gauteng se Covid-19-syfers met dié van Amerika.

Gauteng het teen Dinsdag 7 471 nuwe gevalle aangeteken, terwyl die VSA op dieselfde dag 10 940 nuwe gevalle aangeteken het.

Dit beteken die VSA, wat volgens Worldometer ’n bevolking van 331 miljoen mense het, het 3 469 meer gevalle aangeteken as Gauteng, wat volgens Statistiek Suid-Afrika ’n bevolking van 15,8 miljoen het.

Intussen word daar gegis dat die provinsie, waar ’n derde vlaag tans verwoesting saai, dalk onder ’n vlak 5-inperking geplaas sal word nadat pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê het strenger regulasies is nodig.

Daar is egter nog geen aanduidings wanneer hy ’n sogenaamde familievergadering sal hou nie nadat regeringswoordvoerders Woensdag gesê het daar is nog geen vergadering van die Covid-19-bevelsraad belê nie, berig Christiaan du Plessis.

Die Gautengse regering het egter Woensdag bekend gemaak dat die premier, David Makhura, Donderdag ’n mediakonferensie sal hou.

Ingevolge die noodtoestand kan slegs Ramaphosa ’n aankondiging oor strenger regulasies maak.

Prof. Susan Goldstein, ’n kenner in openbare gesondheid aan die Universiteit van die Witwatersrand, sê dit sal beslis help om alle byeenkomste te staak.

Sy sê dit sal ook help om strenger alkoholbeperkings in te stel om die bedkapasiteit in hospitale te vergroot.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.