Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gauteng: ‘Ons benodig beddens, nie die weermag’

Gauteng het nie die weermag nodig nie, maar nog hospitaalbeddens – veral noudat die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg gesluit is.

Prof. Guy Richards
Prof. Guy Richards

Dit is die mening van prof. Guy Richards, emeritus professor in kritieke sorg verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), ná die aankondiging Vrydagoggend dat die weermag in Gauteng ontplooi gaan word om met die Covid-19-krisis te help.

Richards glo nie die Gautengse bevolking gaan goed reageer as die weermag die regulasies probeer afdwing nie.

“Ons het hospitaalbeddens nodig, nie die weermag nie. Nog dokters sal altyd help, maar met Charlotte Maxeke wat steeds gesluit is, is daar doodeenvoudig nie beddens om pasiënte te behandel nie,” sê Richards.

Die hospitaal is gesluit ná ’n brand vroeër vanjaar.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het Vrydagoggend ook op ’n mediakonferensie gesê hulle werk sedert die vorige naweek saam met Gauteng om die syfers af te bring, maar dit gebeur nie.

covid-19, gauteng
covid-19, gauteng

Die provinsie loop swaar deur onder ’n derde vlaag van infeksies en het tans die meeste aktiewe gevalle in die land.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid. Foto: GCIS

Wat Kubayi-Ngubane en haar span verder bekommer, is hoeveel byeenkomste en aktiwiteite daar nog in Gauteng is.

“Daar is mense wat betoog of aan onwettige saamtrekke deelneem ondanks beperkinge daarop,” sê Kubayi-Ngubane.

Sy het beklemtoon mense wat aan die betogings deelneem, stel baie ander in gevaar. Daarom het hulle met die departement van verdediging gepraat en gevra dat die weermag in Gauteng kom help.

Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van gesondheid, het later by navraag aan Netwerk24 gesê lede van die weermag sal help met toetsing, die nasporing van kontakte en behandeling, hoewel die minister ook daarop gesinspeel het dat die weermag sal help om die regulasies af te dwing.

Die weermag het nie op Netwerk24 se vrae oor die aard van die ontplooiing gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.