Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gauteng: ‘Ons is reg vir 3de vlaag’

Ondanks die enorme druk waaronder hospitale in Gauteng is weens die skerp styging in Covid-19-gevalle te midde van ’n derde vlaag infeksies in die provinsie, is die situasie nog hanteerbaar, sê die departement van gesondheid.

Dr. Nomathemba Mokgethi, LUR vir gesondheid in Gauteng, het Sondag in ’n verklaring gesê bykomende personeel sal aangestel word om die 5 521 mense wat reeds op 1 Junie aangestel is, by te staan.

“Ons stel meer mense aan om seker te maak dat elke beskikbare bed volledig funksioneer,” het Mokgethi gesê.

Sy het ook gesê die Suid-Afrikaanse Weermag stel van sy mediese personeel beskikbaar om die kapasiteit in die provinsie te verhoog.

As deel van die provinsie se nuwe risiko-strategie is daar ’n elektroniese datastelsel beskikbaar om te verseker elke hospitaalbed in die provinsie word ten volle benut.

Dit is benewens nuut aangeboude Covid-19-infrastruktuur by hospitale soos die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, die Jubilee-hospitaal en die Bronkhorstspruit-hospitaal, sê Mokgethi.

Dr. Nomathemba Mokgethi, Gautengse LUR vir gesondheid. Foto: Linkie Bessinger
Ons stel meer mense aan om seker te maak dat elke beskikbare bed volledig funksioneer.

Sale en beddens by ander hospitale word ook gebruik, afhangende van die aanvraag.

Daarbenewens het die departement ook sy programme oor die provinsie heen verskerp sodat meer siftingstoetse gedoen kan word om verdere verspreiding te probeer keer.

Die departement werk nouer saam met die wetstoepassingsdepartemente sodat inwoners herinner kan word om te hou by die maatreëls wat vervat is in die vlak 3-inperkingsregulasies.

Verder het die provinsie ook nog inentingstasies daargestel en daar is nou 137 plekke waar mense ingeënt kan word.

Meer oor:  Gauteng  |  Infeksies  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.