Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gauteng tevrede met inenting van onnies

Regstelling: Panyazi Lesufi is die LUR vir onderwys in Gauteng, nie van gesondheid soos aanvanklik berig is nie. Ons vra om verskoning vir  die fout.


Die Gautengse onderwysdepartement is tevrede met die vordering wat op die eerste dag by al 60 die plekke gemaak is waar werknemers in die onderwyssektor ingeënt is.

Panyaza Lesufi, LUR vir gesondheid in Gauteng, word by die Rabasotho-gemeenskapsentrum in Tembisa naby Kempton Park aan die Oos-Rand ingeënt. Foto: Deaan Vivier

Volgens Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, was daar geen groot haakplekke nie, slegs ’n paar klein uitdagings waaraan vinnig aandag gegee is.

Lesufi het Woensdagoggend saam met Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, en dr. Joe Phaahla, adjunkminister van gesondheid, die Rabasotho-gemeenskapsentrum in Tembisa aan die Oos-Rand besoek.

Lesufi en verskeie ander amptenare van die departement is daar ingeënt.

Celukwanda Chonco (28), onderwyser van die Masiqhakaze Secondary School wat ook hier sy entstof ontvang het, glo dat almal, ongeag hul ouderdom, kwesbaar vir die koronavirus is.

“Ek is nog jonk en wil nie Covid-19 opdoen nie,” sê hy oor sy besluit om die inenting te kry.

Hy beveel ander onderwysers aan om vir hul eie en hul geliefdes se onthalwe ook ingeënt te word.

Ek is nog jonk en wil nie Covid-19 opdoen nie.

“Jy weet nooit hoe sterk jou immuunstelsel is en hoe jou liggaam op Covid-19 gaan reageer nie.”

Chonco sê almal moet ingeënt te word, ondanks die vals inligting wat versprei word.

Volgens hom het alles in die gemeenskapsentrum glad verloop en is hy binne ’n uur ingeënt.

Na verwagting sal meer as 125 934 werknemers in die onderwyssektor in Gauteng tussen 23 Junie en 8 Julie ingeënt word. Daarvan is 71 726 onderwysers by Gautengse openbare skole, terwyl 24 492 nie onderwysers is nie, maar as klerke of voedselhanteerders werk en personeel van vakbonde is. Altesaam 10 488 onderwysers wat deur skoolbeheerliggame aangestel is en gr. +R-praktisyns in openbare skole kom ook vir die inenting in aanmerking. Die res (19 678) bestaan uit onderwysers van onafhanklike skole.

Celukwanda Chonco (28), ‘n onderwyser van die Masiqhakaze Secondary School, word teen Covid-19 ingeënt by die Rabasotho-gemeenskapsentrum in Tembisa naby Kempton Park aan die Oos-Rand. Foto: Deaan Vivier
Celukwanda Chonco (28), ’n onderwyser van die Masiqhakaze Secondary School, word by die Rabasotho-gemeenskapsentrum in Tembisa aan die Oos-Rand ingeënt. Foto: Deaan Vivier

Intussen het die DA in Gauteng ’n beroep op alle onderwysers en ondersteuningspersoneel in die provinsie gedoen om ingeënt te word om verdere ontwrigting van die skoolonderrig te voorkom en die toekoms van “ons kinders” te verseker.

Die DA deel die kommer van ouers en verskillende belanghebbendes dat die Covid-19-pandemie die onderwyssektor ernstig raak, maar ondersteun nie die idee om skole te sluit nie.

“Ons eis dat sowel die Gautengse onderwysdepartement as die gesondheidsdepartement die inenting van onderwysers en ondersteuningspersoneel prioritiseer en toesien dat daar genoeg entstof is om enige onnodige vertragings in die skoolkurrikulum te vermy,” sê Khume Ramulifho, DA-woordvoerder oor onderwys in Gauteng, in ’n verklaring.

“Die vinnige inenting van onderwysers en ondersteuningspersoneel sal ’n vinniger terugkeer na bevorderlike onderrig verseker, waar leerlinge minder gevaar loop om met skoolwerk agter te raak.”

Volgens Lesufi gaan Gauteng nie vra dat die inentingsprogram van die onderwyssektor verleng word nie.

“Daar is ander wat ook op inentings wag. Ons moenie gulsig wees nie. Ons moet dit binne die gegewe tyd afhandel sodat ons die stokkie aan die wetstoepassingsowerhede kan oorgee.”

Meer oor:  Gauteng  |  Entstowwe  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Onderwysers  |  Pandemie  |  Inentings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.