Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Geen Ebola in SA of buurlande nie

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het op Twitter gesê hy weet van geen Ebola-voorvalle in Suid-Afrika of in enige buurlande nie.

Dit volg op ’n berig deur EWN Donderdagoggend dat ’n vrou simptome van die Ebola-virus getoon het nadat sy onlangs die grens na Lesotho oorgesteek het.

Volgens EWN is sy glo na die hospitaal gehaas waar “toetse bevestig het dat sy die virus het”.

Maar die internasionale gesondheidsregulasies (IHR) in Lesotho het intussen bevestig hy het Woensdag ’n Ebola-nabootsingsoefening tussen die Ficksburg- en Maputsoe-grenspos uitgevoer.

Volgens die IHR was dit die eerste simulasie-oefening in sy soort om die gereedheid en reaksie op ’n moontlike uitbreking te toets.

Die IHR het gesê die minister van gesondheid in Lesotho sal Donderdag ’n verklaring uitreik om die uitkoms van die simulasie-oefening bekend te maak.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.