Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Geen siekes gaan op vlug na SA terugkeer, sê Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa ten tyde van sy besoek Dinsdagaand aan die OR Tambo-lughawe buite Johannesburg. Foto: Twitter (@PresidencyZA)

Niemand met Covid-19, die gevreesde koronavirussiekte, sal uit China na Suid-Afrika teruggebring word nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdagaand met ’n besoek aan die OR Tambo-lughawe beloof.

Suid-Afrikaners moet ook nie vrees dat die virus verder sal versprei wanneer die burgers wat uit Wuhan terugkeer, onder kwarantyn gehou gaan word nie, het Ramaphosa gesê.

Kyk hier na die video.

Ramaphosa en ander ministers het die lughawe besoek voordat ’n vliegtuig om 21:00 uit Johannesburg vertrek het om Suid-Afrikaners na hul tuisland terug te bring.

“Bring ons jongmense veilig terug,” het die president gesê aan die amptenare wat die 122 Suid-Afrikaanse burgers in China gaan haal.

Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het self inspeksie gedoen van die geriewe op die lughawe, waarna hy sy dankbaarheid aan die span van die departemente van gesondheid en verdediging uitgespreek het.

Die president het benadruk die span gaan nie siek mense in China haal nie, maar gesonde Suid-Afrikaners wat wil terugkeer.

Het het op kort kennisgewing ingestem om die span te gaan groet voor hul vertrek en gesê die regering het ’n inklusiewe benadering wanneer dit by die bekamping van Covid-19 kom, terwyl Mkize en ander slapelose nagte gaan hê totdat die vliegtuig veilig terugkeer.

Passasiers wat in die land aankom, het volgens Ramaphosa gesê hulle is beïndruk deur die streng beheermaatreëls op die lughawens.

Die president is ook beïndruk ná die inspeksie en is oortuig die departement van gesondheid is gereed om die uitbreking te hanteer.

Die interministeriële taakspan wat die land se reaksie op die koronavirus bestuur, het laatmiddag bekend gemaak al die planne is afgehandel om dié Suid-Afrikaners terug te bring.

Die vliegtuig sal Woensdag die Filippyne aandoen om brandstof en voorrade vir die vlug terug na Suid-Afrika aan te vul, luidens ’n verklaring van die taakspan.

Met die vliegtuig se aankoms in Wuhan sal die Suid-Afrikaners se gesondheid en hul reisdokumente nagegaan word.

Die vliegtuig sal na verwagting Vrydag in Johannesburg land. Daarna sal die Suid-Afrikaners aanvanklik vir 21 dae onder kwarantyn gehou word.

“Die plek waar hulle onder kwarantyn gehou sal word, sal op die gepaste tyd bekend gemaak word en meer besonderhede oor die bestuur van dié fasiliteit sal verskaf word.”

Ná die kwarantyntydperk sal die burgers hulle weer by hul families kan aansluit.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Zweli Mkhize  |  Wuhan  |  China  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus  |  Vlug  |  Suid-Afrikaners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.