Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Geen water in tronk, sê gevangene

Gevangenes in die Kroonstad-gevangenis sê daar is in sekere afdelings van die tronk geen lopende water nie en nuwe gevangenes word sonder dat hulle eers in kwarantyn geplaas word, in die lig van die Covid-19-pandemie, tussen die ander gevangenes geplaas.

’n Gevangene het Volksblad gebel en gesê die aangehoudenes in die medium B-gedeelte van die tronk is al meer as ’n week sonder lopende water.

Die gevangene sê hulle kan glad nie stort of selfs hande was nie, en die omstandighede is uiters onhigiënies.

Die man sê ook hulle is baie bekommerd omdat mense van buite, nádat die staat van inperking ingestel is, steeds in selle geplaas word.

Ingevolge die Staatskoerant word dit verbied dat nuwe gevangenes ná die instelling van die staat van inperking tussen ander aangehoudenes geplaas mag word.

Puleng Mogwane, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, sê die bewerings is nie waar nie en daar is water in al die afdelings van die tronk.

Sy sê ook dat mense wat nou in die tronk inkom, apart van die ander gevangenes aangehou word.

Meer oor:  Kroonstad  |  Gevangenis  |  Koronavirus  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.