Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gehoor vir 2-jarige weeg swaarder as vrees vir virus

“Hallo” was die eerste woord wat Sage Cloete (2) van Grassy Park in Kaapstad geuiter het nadat sy verlede maand ’n kogleêre inplanting gekry en vir die eerste keer kon hoor het.

Die gawe van gehoor vir hul dogter het vir en Reginald en Tonia Cloete veel swaarder as die vrees vir Covid-19 geweeg en hulle het besluit om die Tygerberg-hospitaal te trotseer.

“Al was dit in die middel van die Covid-19-chaos het ons ons voete in die gevreesde plek gesit waarheen geen mens sou wou gaan nie.”

Sage Cloete (2) nadat sy ’n kogleêre inplanting in die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad gekry het.

Sage, wat gebore is met ernstige bilaterale gehoorverlies, is op 22 Junie in die hospitaal opgeneem vir die inplanting wat “haar lewe vir altyd sou verander”.

Sage is op die ouderdom van 18 maande by die Rooi Kruis-kinderhospitaal gediagnoseer. Omdat sy jonk is, kon geen tyd gemors word om die operasie te doen nie. Klank is belangrik vir breinontwikkeling en die ontwikkeling van taal, lui ’n verklaring van die Tygerberg-hospitaal.

“Ons was eintlik aanvanklik banger vir die narkose as enigiets anders. Soos enige ouer wat hul kind na ’n teater toe moet laat gaan, het ek ’n klomp emosies tegelykertyd ervaar,” sê Cloete oor die tyd toe Sage vir die operasie moes gaan.

“Ons het twee en ’n half dae daar gebly en hoewel die koronamonster rondgehang het, was ons nie vir een oomblik bang nie.”

Die operasie was toe ’n reusesukses en klein Sage het reeds begin blom en haar selfvertroue neem steeds toe.

“Sy is ’n baie gelukkiger dogtertjie,” sê Cloete.

Omdat ek aanmekaar met haar praat en sê ‘hallo, Sage’, het sy nou al begin terugpraat en het onlangs die woord ‘hallo’ gesê.

"Omdat ek aanmekaar met haar praat en sê ‘hallo, Sage’, het sy nou al begin terugpraat en het onlangs die woord ‘hallo’ gesê.”

Jennifer Perold, oudioloog en koördineerder van die kogleêre inplantingseenheid by die hospitaal, sê dit ’n plesier om te sien hoe Sage allerhande nuwe klanke rondom haar ontdek.

Sage was volgens die verklaring ’n ideale kandidaat vir ’n inplanting nadat sy in Januarie met gehoorapparate toegerus is, wat nie baie gehelp het nie as gevolg van die erns van haar gehoorverlies. Sy is daarna na die kogleêre inplantingseenheid verwys.

Sage het die operasie op 23 Junie ondergaan en op 9 Julie is die klein apparaatjie geaktiveer, wat die wêreld van klank vir haar ontsluit het. Die aktivering is wanneer die interne komponent van die apparaat gekoppel word aan die eksterne klankverwerker, wat agter die oor gedra word.

Sy is tans in die programmeringsfase, wat ongeveer vier weke duur. Boonop ontvang sy weekliks aanlyn terapiesessies via Zoom met haar spraak- en taalterapeut, wat haar help om gesproke taal aan te leer.

“Die personeel was so vriendelik en sorgsaam, van die dokters tot die skoonmaakpersoneel,” sê Cloete oor hul ervaring in die hospitaal.

“Ons het so welkom gevoel. Ons het die beste oudiologiespan gehad. Baie dankie aan die Tygerberg-hospitaal, veral die oudiologie-en-kogleêre-inplantingseenheid, asook die oor-neus-en-keel-afdeling, dat julle vir Sage die gawe van gehoor gegee het.”

Meer oor:  Sage Cloete  |  Grassy Park  |  Virus  |  Gehoor  |  Swaarder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.