Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gehoorgestremdes staan tou vir deurbraak-operasie

Hy het in Maart vanjaar mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste mens in die wêreld geword het wat ’n bio-identiese 3D-gedrukte middeloorbeenoorplanting gedoen het.

Prof. Mashudu Tshifularo en sy span by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria tydens die baanbrekende chirurgiese prosedure om gehoor te herstel met behulp van 3D-gedrukte middeloorbene.

Maar prof. Mashudu Tshifularo, die hoof van die Universiteit van Pretoria (UP) se departement otorinolaringologie (oor-, neus- en keelkunde), sukkel steeds om befondsing vir sy navorsing te kry, sodat hy met kliniese proewe kan begin.

Tshifularo het Dinsdagaand op ’n spesiale gaslesing by die Universiteit van Pretoria gesê dat hy honderde navrae van oor die wêreld heen ontvang het. Gehoorgestremdes van so ver as Brasilië en Australië het hulself as proefkonyne aangebied vir sy volgende prosedure. Hy wil dit oor so twee maande uitvoer.

Die oor-, neus- en keelspesialis het in Maart vanjaar aan Beeld onthul dat die navorsing- en regskoste rondom die baanbrekersprosedure hom tot dusver amper R1 miljoen uit sy eie sak gejaag het.

Vier maande later verklaar hy die operasie as ’n volslae sukses.

“Dis snaaks hoe sukses in die mediese bedryf gedefinieer word, het hy op sy gaslesing gesê.

“Chris Barnard se eerste pasiënt is 18 dae na die wêreld se eerste hartoorplanting dood.”

“Ten minste leef jou pasiënt nog,” het iemand uit die gehoor geskerts.

Twee weke na die operasie kon die pasiënt reeds hoor en nou, vier maande later, is sy gehoor beter as wat ek by pasiënte sien met ’n tradisionele prostese.

Tshifularo meen egter vir hom om sy operasie as suksesvol te beskou, hy ’n meetbare volhoubare verbetering in sy pasiënt se toestand moet sien.

“Ek het die pasiënt twee weke gelede ondersoek, en alles dui daarop dat die bio-identitiese prostese wat ek ontwerp het ’n verbetering is op die prosteses wat tans gebruik word.

“Dis reeds vier maande later en die prostese is nog nie verwerp nie, hy is presies waar ek hom ingeplant het.

“Twee weke na die operasie kon die pasiënt reeds hoor en nou, vier maande later, is sy gehoor beter as wat ek by pasiënte sien met ’n tradisionele prostese.”

Prof. Mashudu Tshifularo in sy kantoor by die Steve Biko-Akademiese Hospitaal in Pretoria. Foto: Lisa Hnatowicz

Daar is ook ander voordele. Met die tradisionele prostese ervaar pasiënte wat Tshifularo ’n “kopskadu” noem. Dit beteken hulle sukkel om die oorsprong en rigting van klank te bepaal.

Met die nuwe prostese lyk dit asof die probleem nou opgelos is.

Hy hoop ook dat sy prostese ’n langer leeftyd as die ou prostese gaan hê. Voorheen was pasiënte se gehoor na twee jaar terug by wat dit voor die operasie was.

Sy werklike passie is eintlik navorsing om kogleêre inplantings bekostigbaarder vir die openbare sektor te maak. Dit word tans net in die private sektor gedoen, juis as gevolg van die hoë koste daarvan.

Om ’n kogleêre inplanting te doen kos by die R400 000. Dit is net vir die mediese prosedure en die toestel en sluit nie nasorg soos spraakterapie en opvolgbesoeke met spesialiste in nie.

“Dit breek my hart wanneer ek pasiënte moet wegwys en vir hulle sê, ‘ek is jammer, ek kan jou nie help nie omdat daar nie geld daarvoor is nie.’

“Ons is besig om ons land se kinders in die steek te laat.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.