Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Genoeg entstowwe op pad na SA – Ramaphosa

Die voorsieningsketting van Covid-19-entstowwe na Suid-Afrika is voldoende en hy is nie bekommerd daaroor nie, het pres. Cyril Ramaphosa gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Gallo Images

Hy het Donderdag dié gerusstelling gegee oor die heersende entstoftekort, wat tot minstens die einde van die week gaan duur, toe hy inentingsentrums in Thembisa aan die Oos-Rand en Midrand besoek het.

Nicholas Crisp, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, het by navraag aan Netwerk24 gesê daar sal na verwagting ’n aanbod van 8,5 miljoen dosisse teen einde volgende week wees, “maar vir dié week en vroeg volgende week is daar ’n tekort”.

Volgens Crisp sal 1,4 miljoen dosisse van die entstof van Johnson & Johnson (J&J) reeds vandeesweek in die land aankom en ’n besending van 1,5 miljoen Pfizer-dosisse word Sondag verwag.

Daarby het die VSA 5,6 miljoen dosisse Pfizer aan die land geskenk. Volgens Crisp sal dit binne die volgende sewe dae in verskillende besendings in die land aankom.

Dié aanbod van 8,5 miljoen dosisse is voldoende vir 26 tot 30 dae, het Crisp gesê.

Ramaphosa het Donderdag ná sy besoek aan die inentingsentrum in Thembisa gesê dié sentrum “het my verseker dat hulle nie nou en ook nog nie voorheen ’n tekort ondervind het nie”.

Hy het gesê Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het hom verseker dat daar genoeg entstof is.

Die regering sal binnekort nuwe innoverings inspan om te verseker dat meer mense ingeënt word. Een hiervan is deurry-inentingsentrums, waar mense in hul voertuig kan sit terwyl hulle ingeënt word.

Ramaphosa het gesê ook hy is trots op die entstofvervaardigingsaanleg wat in Suid-Afrika opgerig gaan word. Dié aanleg sal eers ná die derde kwartaal in 2022 entstowwe kan lewer.

“Ons bly in ’n wêreld waar ons al hoe meer pandemies gaan sien en hierdie (inenting)spilpunt sal net tot ons voordeel wees,” het Ramaphosa gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.