Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
George sluit sy openbare toiletgeriewe

Alle openbare toilet- en ablusiegeriewe in George se middedorp, by die Go George HUB-passasiersdienssentrum, en die taxistaanplek in Thembalethu is Dinsdag gesluit tot verdere kennisgewing weens die Covid-19-virussiekte.

Die George-munisipaliteit sê dit word gedoen as voorsorgmaatreëls weens die siekte.

Dit is nog nie bekend of die passasiersdienssentrum oop sal wees tydens die algehele sluiting in Suid-Afrika wat Maandagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is nie.

Chantel Edwards-Klose, ’n munisipale woordvoerder van George, sê by navraag Go George se bestuur is in konsultasie met die relevante owerhede sedert Maandagaand laat om die busdiens se rol te verstaan tydens die algehele sluiting.

Buspassasiers moet verstaan dit is ’n wêreldwye pandemie wat op nasionale vlak deur die regering bestuur word. Wat ook al oor die busdiens besluit word, sal gegrond wees op nasionale instruksies en het niks te doen met die busbestuurders of personeel se gewilligheid of vrese om dienste te lewer nie.

Go George sal met die gemeenskap kommunikeer sodra daar duidelikheid is oor die kwessie.

Meer oor:  George  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.