Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Oudpolitikus in hospitaal met Covid-19

Minder as twee weke nadat hy sy eerste dosis van die entstof van Pfizer-BioNTech ontvang het, is Gert Oosthuizen, voormalige adjunkminister van sport, met Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Gert Oosthuizen, voormalige adjunkminister van sport. Foto: Argief

Oosthuizen (64) het Woensdag in die waakeenheid in die Mediclinic Kloof in Pretoria gesê hy kry suurstofbehandeling en is aan ’n drup gekoppel.

“Dis nie ’n lekker siekte om te hê nie.”

Hy is onlangs opgeneem, glo onmiddellik nadat hy positief vir Covid-19 getoets is.

Oosthuizen sê hy is vroeër vandeesmaand negatief getoets nadat hy moontlik aan Sars-CoV-2 blootgestel is.

Volgens hom is hy toe op 12 Junie ingeënt, waarna hy dadelik ’n negatiewe reaksie ontwikkel het.

“Ek het gesweet en ek het sleg gevoel. Die dokters het aanvanklik gesê dit is bloot die teenliggaampies wat werk, maar ná 11 dae van hel is ek uiteindelik positief getoets.”

Op verdere vrae het Oosthuizen gesê hy wil nie bespiegel oor die rede vir die negatiewe reaksie of oor hoekom die entstof nie sy hospitalisering gekeer het nie.

Prof. Barry Schoub, voorsitter van die ministeriële advieskomitee vir entstowwe, sê by navraag Oosthuizen is waarskynlik met Sars-CoV-2 besmet voordat die entstof kon begin werk.

“Die entstof neem gewoonlik twee weke om te begin werk en dit bied eers optimale beskerming sowat vier weke nadat dit toegedien is,” sê Schoub.

Dit word ook aanbeveel dat mense wat Covid-19 onder lede het, eerder wag voordat hulle ingeënt word.

Die entstof neem gewoonlik twee weke om te begin werk en dit bied eers optimale beskerming sowat vier weke nadat dit toegedien is.

Mediclinic het nie dadelik op navrae gereageer nie. Sy kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Oor sy toestand sê Oosthuizen dit het “dramaties verbeter” sedert hy in die hospitaal opgeneem is.

“Ek kry uitstekende behandeling. Daar is ’n dokter, ’n internis en verpleegkundiges wat na my omsien.”

Meer oor:  Gert Oosthuizen  |  Covid-19  |  Hospitaal  |  Inenting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.