Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gesigmaskers geskenk vir mense in voorste linie
V.l.n.r.: Adv. Dong van Condere, Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, Bonginkosi Madikizela, LUR van vervoer, Albert Fritz, LUR van gemeenskapsveiligheid, en nog ’n Condere-verteenwoordiger.
Die gesigmaskers wat geskenk is.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag 20 000 gesigmaskers van die Condere-groep vir die stryd teen Covid-19 in ontvangs geneem. Dit sal aan verkeersbeamptes, lede van buurtwagte, vrywillige werkers en ander wetstoepassers in die voorste linie teen die virussiekte in die Wes-Kaapse brandpunt-gebiede oorhandig word.

Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse LUR van vervoer, het dié oorhandiging bygewoon. Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, was ook by die oorhandiging en het 5 000 van die gesigmaskers namens die verkeersbeamptes ontvang wat in die Covid-19-brandpunte ontplooi is.

Fritz het die Condere-groep, ’n maatskappy wat speelgoed en elektronika invoer, bedank vir die skenking en sê dit sal help met die Wes-Kaapse regering se reaksieplan op die virus.

Kenny Africa en adv. Dong groet mekaar op die gepaste manier.

Hy sê die Wes-Kaapse regering het ’n spesiale plan opgestel om op brandpunte te fokus en te probeer keer dat die virus in gebiede met ’n hoë bevolkingsdigtheid versprei.

“Daar is ook ’n plan om die houding van die gemeenskap en individue jeens die virus te verander en ook die verspreiding van die virus te vertraag en lewens te red van mense in gebiede wat buite distrikte en subdistrikte val.”

Die brandpuntplan word saam met alle regeringsfere gedoen.

Fritz sê dit is noodsaaklik dat almal by die vier goue veiligheidsmaatreëls hou:

• Bly by die huis, indien moontlik.

• Handhaaf te alle tye gesonde afstande.

• Dra ’n gesigmasker.

• Was gereeld hande.

“Elkeen van ons het ’n rol om te speel om te verseker dat ons onsself en ons geliefdes beskerm en om die verspreiding van die virus te stuit.”

Meer oor:  Albert Fritz  |  Gesigmaskers  |  Skenking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.