Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Gesonde’ vrou van Durbanville skielik aan C-19 dood
Isabelle Pridgeon
Isabelle Pridgeon en haar man, Mike. Foto: Facebook/Isabella Pridgeon

Isabelle Pridgeon (56), ’n vrou van Durbanville, is Sondag onverwags aan Covid-19 dood nadat sy volgens haar suster kort tevore nog ’n gesonde en aktiewe lewe gelei het.

Pridgeon was ’n klerk by die Tygervallei-kliniek in Kaapstad. Sy het dae voordat sy in die waakeenheid opgeneem is, nog goed geklink oor die telefoon, sê haar jonger suster, Naomi van Dyk.

Sy is verlede Vrydag opgeneem nadat haar toestand versleg het. Ek het op die foon met haar gepraat en sy het gesê dit gaan oukei met haar. Sy het ook goed geklink en ek was nie rasend van bekommernis nie.

“Sy het aan die einde van Julie begin sleg voel, maar het die simptome aan verkoue toegeskryf,” sê Van Dyk, wat ook in Kaapstad woon.

“Sy is verlede Vrydag opgeneem nadat haar toestand versleg het. Ek het op die foon met haar gepraat en sy het gesê dit gaan oukei met haar. Sy het ook goed geklink en ek was nie rasend van bekommernis nie.”

Pridgeon het egter longontsteking opgedoen en moes die daaropvolgende Donderdag aan ’n ventilator gekoppel word. Nie lank daarna nie het haar nierfunksie ook verswak en die ventilator moes in al haar suurstofbehoeftes voorsien. Sy is Sondag dood.

“As ek dink aan Isabelle, dink ek aan haar groot hart,” sê Van Dyk. “Sy was ’n uitbundige, ongelooflik onbaatsugtige mens en sy het haar persoonlikheid by haar werk uitgeleef.”

Pridgeon en haar man, Mike, was 30 jaar getroud en hulle het ’n seun, Ryan (26). Voordat sy op die ventilator is, kon sy darem met haar man oor die telefoon praat, wat as gevolg van die pandemie nie toegelaat is om vir haar in die hospitaal te gaan kuier nie.

“Ons sal haar altyd onthou vir haar liefdevolle geaardheid en sprankelende persoonlikheid,” sê Van Dyk.

Die familie hou Vrydagoggend ’n diens.

Meer oor:  Kaapstad  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.