Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Gesondheid in O-Kaap skuld verskaffers bykans R1 miljard’

Die Oos-Kaapse departement van gesondheid skuld van sy verskaffers al bykans R1 miljard. Dit beteken dat die verskaffers nou skuld wat hulle moes aangaan om die dienste te lewer self moet dek, sê Jane Cowly, lid van die Oos-Kaap se provinsiale wetgewer.

In antwoord op ’n parlementêre vraag het Helen Sauls van die departement bevestig dat die departement in September 2018 reeds R929,9 miljoen agterstallig was. R596 061 950,17 van die skuld was toe reeds langer as 120 dae agterstallig.

“Dit is ongelukkig niks nuuts vir die departement van gesondheid nie,” sê Cowley.

“Die departement is bekend daarvoor dat skuld aan verskaffers oorgerol word na die volgende boekjaar. Verskaffers moet dan maar daarmee verlief neem en wag vir betaling wanneer die nuwe begroting toegeken is.”

Foto ter illustrasie

olgens haar het dit ’n reuse-impak op die departement se langtermyn-volhoubaarheid aangesien geld wat vir projekte in die nuwe boekjaar geoormerk is, nou aangewend moet word om bestaande skuld te vereffen.

“Die impak is die ergste vir kleiner maatskappye aangesien die wanbetaling hul kontantvloei vernietig. Van hulle word dus deur sluiting bedreig.

“Verskaffers is huiwerig om werk te doen vir die departement en diegene wat dit doen, verhoog hul koste om te probeer kompenseer vir die lang vertragings.

“Wat ook baie kommerwekkend is, is die yslike verskil tussen wat die departement sê is uitstaande betalings en die syfers wat die provinsiale wetgewer vir dieselfde tydperk verskaf het.

“Volgens die tesourie was die totale agterstallige bedrag in September R500 miljoen. Hoe is dit dan moontlik dat die departement van gesondheid sê dit is byna dubbel dié bedrag?

“Daar is duidelik probleme met die finansiële verslae wat departemente indien – wat baie kommerwekkend is,” sê Cowley.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.