Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Gesondheid se welstand kwel’

Hoewel hy nie ’n ondersteuner is van konferensies en kongresse nie het hy om vier redes besluit om die provinsiale gesondheidskonferensie in Oos-Londen by te woon, het die Oos-Kaapse premier, Lubabalo Oscar Mabuyane, in sy openingsrede gesê.

“Om dit reguit te stel, die meeste konferensies is ’n vermorsing van belastingbetalers se geld. Dit kan onder meer toegeskryf word aan die gebrek aan toewyding van afgevaardigdes.

“Baie van hulle gebruik nie hulle denkvermoë optimaal nie.

Lubabalo Oscar Mabuyane, die premier van die Oos-Kaap.

“Gevolglik kan hulle nie antwoorde verskaf vir die uitdagings van ons gemeenskap nie.

“Ek het egter ’n besluit geneem om hierdie konferensie by te woon aangesien gesondheidsorg ’n mensereg is wat voorheen aan die meeste mense van ons land weerhou is deur die kolonialiste en die apartheidsregering.

“Gevolglik is dit in die Vryheidsmanifes, wat in 1955 in Kliptown aanvaar is deur die regdenkende mense van Suid-Afrika, uiteengesit dat daar huise, veiligheid en gerief vir almal sal wees, waar ’n voorkomende gesondheidskema deur die staat bedryf sal word.

“Daar is ook gratis mediese behandeling en hospitalisasie beloof vir almal, met spesiale sorg vir moeders en jong kinders.

“Die oorblyfsels van ons pynvolle verlede is egter steeds met ons. ’n Mens kan dit duidelik sien in die landelike gebiede van ons provinsie waar 88% van die gemeenskap deur die openbare gesondheidsektor bygestaan moet word met geen luukse van mediese bystand en dekking nie.”

Mabuyane het beklemtoon dat hierdie die Suid-Afrikaners is wat vatbaar is vir siektes en wat juis ’n doeltreffende en funksionele gesondheidsektor nodig het.

“Tweedens het ek die konferensie bygewoon, want gesondheidsorg in ons provinsie sorg vir die tweede grootste hap uit die provinsie se beursie, naamlik R25,2 miljard in hierdie boekjaar.

“Ons gesondheidsdienste is nie gesond nie – daar is etlike uitdagings wat doeltreffende dienslewering aan mense wat afhanklik van staatsgesondheidsdienste is in die wiele ry.

“Derdens het ek besluit om hierdie konferensie by te woon aangesien ons in ’n transformasiefase is wat betref die sesde fase van die provinsiale regering wat amptelik in April 2020 begin.

“Vierdens gaan ons die provinsiale ontwikkelingsplan van stapel stuur om die Oos-Kaap te bou wat ons almal wil hê.

“Ek sal graag luister na idees oor hoe ons kan verbeter op die huidige stand van ons kindersterftes, die voorkoming van MIV, tuberkulose en kanker.

“Ek wil ook hoor hoe ons ’n universele gesondheidsdiens kan skep vir ons mense.

“Daar is egter ’n groot uitdaging wat oorkom moet word: dit is die albatros van mediese eise en regseise.

“ ’n Oplossing hiervoor moet gevind word,” het Mabuyane gesê.

Meer oor:  Gesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.