Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gesondheid van kinders moet onder loep kom, sê Manuel

Suid-Afrika benodig ’n massiewe veldtog vir die voorkoming van oordraagbare siektes onder kinders, terwyl dit ook ’n veldtog moet omarm wat spesifiek op die eerste 100 dae in die lewe van ’n kind fokus, meen Trevor Manuel, sakeman en oudminister van finansies.

Manuel was Vrydag die gasspreker op die jaarlikse Dag van Herinnering-seremonie by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

Dié seremonie word gehou om Suid-Afrikaanse veterane van die Tweede Wêreldoorlog en dienspligtiges te gedenk wat destyds ’n deel van hul inkomste geskenk het om die kinderhospitaal te begin.

Manuel het gesê Suid-Afrikaners moet die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling verstaan omdat dit later tot baie positiewe resultate vir die land in die geheel kan lei.

Die Rooikruis-kinderhospitaal het personeel wat meer as hul plig doen, het hy gesê.

Trevor ManuelFoto: SON

“Ons moet baie harder werk om geld in te samel vir hierdie instelling, sowel as ’n wyer veldtog vir die openbare gesondheidsorg wat ons benodig.

“Wat die terugkerende oorlogsveterane destyds gedoen het, was nie om te sê dit (gesondheidsorg) is net die regering se verantwoordelikheid nie. Hulle het hand in eie sak gesteek en twee dae se lone vir die hospitaal opgeoffer. Ons moet vandag ook sê dat die regering net soveel kan doen, maar dat ons landsburgers kort wat baie meer kan doen.

“Ek weet hierdie hospitaal doen ongelooflike dinge. Ons moet onsself egter afvra wat ons meer moet doen om sy kapasiteit te kan uitbou om nie net palliatiewe sorg te verseker nie, maar ook voorkomende sorg, wat ’n heel ander benadering vereis.

“Dit vereis selfondersoek van ons elkeen om te bepaal watter soort demokrasie alle landsburgers wil hê. Laat ons hierdie betekenisvolle bydrae lewer tot die gesondheid van toekomstige generasies landsburgers en dié uit die res van Afrika.”

Manuel het Suid-Afrikaners versoek om net soos die oorlogsveterane van destyds deur vasberadenheid en opoffering te help bou aan die toekoms van die land.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.