Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gevaarlike bakterie by hospitaal bevestig
Twee babas is dood by die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus .Foto: News24

Daar is gevalle van Klebsiella pneumoniae gevind by die Thelle Mogoerane-streekhospitaal in Vosloorus aan die Oos-Rand.

Twee babas is reeds dood weens dié bakterie, wat longontsteking en infeksies van die bloedstroom en wonde veroorsaak, het die Gautengse departement van gesondheid Woensdag gesê.

Dr. Mkhululi Lukhele, hoof van die departement, het die

hospitaal Woensdag besoek en bevestig dat daar sedert Julie 2018 sewe voorvalle van dié infeksie by die neonatale afdeling van die hospitaal aangeteken is.

Twee babas is dood. Lukhele het bygevoeg dat daar monsters by die hospitaal geneem is om die oorsprong van die uitbreking vas te stel.

“Die hospitaal het stappe gedoen om verdere infeksies te verhinder. Alle babas word nou deeglik ondersoek en die neonatale eenheid word voortdurend gemonitor.”

Volgens Lukhele is die hospitaal toegerus om 61 babas te akkommodeer, maar daar word gereeld na tot 90 babas omgesien. “Ondanks al die uitdagings doen personeel hul bes om alle pasiënte met die nodige waardigheid en respek te bedien.”

Hy het bygevoeg dat bewerings van wanbestuur teen die hospitaal se personeel ondersoek sal word.

“Ons beskou alle aantygings van dié aard in ’n ernstige lig,” het Lukhele gesê.

Meer oor:  Gesondheid  |  Hospitaal  |  Bakterie  |  Medies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.