Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Gevangenes kan kies of hulle ingeënt wil word’

Gevangenes wat verkies om nie teen Covid-19 ingeënt te word nie, het die reg om dit te doen.

So het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), Maandag by navraag gesê oor die vordering van die DKD se program, wat al begin het.

Hy het bevestig Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal Dinsdag dié program amptelik afskop, hoewel beamptes reeds sedert Donderdag ingeënt word.

Nxumalo wou geen verdere besonderhede oor die program en hoe dit gaan werk, of hoeveel beamptes al ingeënt is, bekend maak nie.

“Sy (Lamola) se verklaring sal die nodige inligting verskaf met betrekking tot hoeveel beamptes en gevangenes reeds hul inentings ontvang het.”

Soos vroeër berig sal meer as 240 000 werkers van die maatskaplikedienste-sektor ook vandeesweek landwyd hul inentings kan kry.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Saterdag in ’n verklaring aangekondig die sektor se inentingsprogram sal Maandag begin, behalwe in

die Wes-Kaap en Limpopo, wat onderskeidelik Donderdag en Vrydag sal begin.

Dié entstofprogram is vir die werkerskorps in vroeë kinderontwikkeling, mense in die maatskaplike diens, gemeenskapsontwikkelingspraktisyns en werkers van die departement maatskaplike ontwikkeling.

Albei departemente moedig hul personeel aan om hulle te laat inent.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Singabakho Nxumalo  |  Gevangenes  |  Inentings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.