Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Gimnasiums, salonne desperaat om te heropen

“Ons kan nie meer langer hierdie inperking en regulasies oorleef nie.”

Dit is die pleidooi van die eienaars van skoonheidsalonne en gimnasiums wat al langer as twee maande nie mag werk nie, met geen vooruitsig vir verligting binnekort nie.

“Die onregverdigheid en waansin is besig om besighede te verwoes en families van kos op hul tafels te ontneem,” sê Magdaleen Botes, eienaar van verskeie gimnasiums in Mpumalanga en Limpopo.

“Dit ontneem mense van hul reg op ’n gesonder lewe. Juis in hierdie moeilike tyd het mense oefening nodiger as ooit tevore.”

Mense het haarkappers, skoonheidsterapeute, somatoloë, skoonheidskundiges en naeltegnici nodig, en hulle het kliënte nodig, sê Carmen Cooper van Schalkwyk namens Lydia Lamont, wat ondersteuning bied vir die velsorg- en haarkapperbedryf in Suid-Afrika.

“Ons is meer as naelverwers en masseerders. Ons is enkelma’s wat vir ons kinders en gesinne moet sorg. Ons is ma’s met kinders met spesiale behoeftes wat ekstra sorg, arbeidsterapie en spraakterapie nodig het.

Magdaleen Botes se Body Beasts Gym in Lydenburg, Mpumalanga. Foto: Facebook/Body Beasts Gym ‘Hardcore Fitness’

“Keer op keer vra ons onsself waarom daar tot 12 mense in ’n taxi kan wees, maar ons kan nie een tot een werk nie. Taxi’s kan etlike kilometers ry met sommige passasiers met maskers en ander nie, maar ons mag nie een tot een mét maskers en gesigskerms op werk nie.”

Cooper van Schalkwyk sê: “Salonne en spa’s is ontsmet en skoongemaak. Plakkers vir gesonde afstand is op vloere geplaas. Termometers is bestel. Skerms is geïnstalleer en baie geld is bestee aan ontsmetting.

“Ons sal nooit Covid-19 kan beveg nie, maar ons is vir seker gereed om dit te probeer voorkom.”

Botes sê die fiksheidsbedryf is in ’n soortgelyke posisie, want al is hulle reg om te heropen, word dit nie toegelaat nie.

“Aanvanklik toe ons president die inperking aangekondig het, het ons almal opofferings gemaak en ons deure gesluit. Twee maande later, op vlak 3, mag ons steeds nie ons diens aan mense lewer nie.

“Ons het al 80% van ons inkomste verloor. Gimnasiums en fiksheidsinstrukteurs verloor al hul inkomste oor ’n tydperk van 60 dae. Die bedryf het niks meer om op te offer nie.”

Cooper van Schalkwyk sê die dienste wat skoonheidsterapeute en haarkappers bied, bevorder ’n gevoel van selftrots.

“Kliënte wil beter voel oor hulself, en ons is daar om ’n verskil in mense se lewe te maak en hul denke te verander. Ons maak ’n verskil in die gehalte van die lewe van individue deur soms net te luister.”

Botes sê oefening is ook broodnodig vir mense. “Stres en depressie is een van die grootste gesondheidsprobleme waarmee ’n menigte mense sukkel. Oefening kan help om dit teen te werk. Oefening help ook om hartsiektes te voorkom.”

Sy sê baie mense wat aan gimnasiums behoort, het gesondheidsprobleme of het rehabilitasie nodig. “Mense wat aan kardiovaskulêre siektes ly, het intensiewe oefening nodig, terwyl ander mense skroewe in hul rug of bene het en nie op ’n teerpad in tekkies kan gaan hardloop nie.

“Hierdie mense is op spesiale oefenprogramme en spesiale diëte. Ons wat grade het in die behandeling van hierdie pasiënte mag nie ons dienste lewer nie.”

Botes sê: “Ons klein onafhanklike gimnasiumgroepe kan nie meer langer hierdie inperking en regulasies oorleef nie.”

Meer oor:  Gimnasiums  |  Vlak 3  |  Haarsalonne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.