Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘G’n tekort aan entstowwe van Woensdag af’

Vanaf Woensdag sal daar nie meer ’n tekort aan entstowwe teen die koronavirus wees nie, sê dr. Nicholas Crisp, adjunkdirekteur-generaal van die departement van gesondheid.

“Van Woensdag af is dit weer volstoom vorentoe,” beloof Crisp en sê dat mense wat nou sonder ’n afspraak vir inenting opdaag, moontlik lank gaan moet wag of selfs sonder ’n inenting sal moet huis toe gaan.

’n Inenting word in Pretoria aan ’n algemene werker in die onderwyssektor, een van die prioriteitsgroepe, toegedien. Foto: Deaan Vivier

Hy sê diegene met afsprake word geprioritiseer, en van daar af werk dit volgens ouderdomsgroep. Mense met afsprake sal dus sal eerste ingeënt word, gevolg deur diegene van bo 60 en dan bo 50, ens.

Intussen sê Crisp hy is verheug oor die groot opkoms van mense van tussen 35 en 49 jaar oud. Dié groep kon amptelik van Maandag af vir hul inentings gaan, maar talle het reeds vandat registrasie in Julie vir dié groep begin het, vir hul inentings opgedaag.

Crisp sê sowat ’n miljoen mense in dié groep is reeds ingeënt.

Registrasie en inentings vir mense van tussen 18 en 34 begin op 1 September.

Volgens data van die departement van gesondheid is 3 870 mense van tussen 18 en 19 jaar oud reeds ingeënt. Volgens Crisp is dit studente wat byvoorbeeld in die mediese of veiligheidsektor werk.

Werknemers in die mediabedryf kon ook van Maandag af in die tou gaan staan om hul inentings te kry.

Hopewell Radebe, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef), het die regering bedank vir die geleentheid vir die media om ook as ’n prioriteitsgroep beskou te word.

inentings

Meer oor:  Dr. Nicholas Crisp  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.