Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
GOS op Oudtshoorn ontvang maskers en handreinigers

Lede van Oudtshoorn se gesamentlike operasionele sentrum (GOS) het vandeesweek gesigmaskers van Masks4All Oudtshoorn and Surrounds, ’n plaaslike organisasie, ontvang.

Amanda Pieterse, wat aan die hoof staan van 30 vrywilligers wat die gesigmaskers van materiaal maak en aan verskeie organisasies in die groter Oudtshoorn skenk, het 160 maskers by die rampbestuursentrum op die dorp afgelaai. Die maskers sal gegee word aan munisipale werkers wat tydens die staat van inperking noodsaaklike dienste lewer, luidens ’n verklaring.

Van die maskers wat Masks4All Oudtshoorn and Surrounds maak. Foto: Facebook/Masks4All Oudtshoorn and Surrounds

Die GOS bestaan uit personeel van die munisipale brandweerdienste en reddings-en-rampbestuur, die departement van gesondheid (Oudtshoorn se provinsiale hospitaal), die departement van korrektiewe dienste, die polisie, die weermag, die provinsiale verkeersowerhede, die departement van maatskaplike dienste, die Mediclinic Klein Karoo, patologie-dienste, die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), die EMS-nooddienste, munisipale wetstoepassings- en verkeersdienste, omgewingsgesondheid van die Oudtshoorn-munisipaliteit asook die Garden Route-distriksmunisipaliteit en Oudtshoorn se kommunikasiedienste.

Die handreinigers wat deur AfriForum geskenk is. Foto: Verskaf

Verlede week het AfriForum as deel van ’n uitreikprojek handreinigers aan die GOS oorhandig, wat deur die GOS en noodsaaklike werkers gebruik sal word.

Adél Supra-Vertue, bestuurder van die brandweerdienste en reddings-en-rampbestuur van die Oudtshoorn-munisipaliteit en die GOS se voorsitter, het hul dankbaarheid vir die maskers en die ontsmettingsmiddels uitgespreek. Sy het die organisasies ook bedank vir die werk wat hulle tydens die inperking en die Covid-19-krisis doen.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Koronavirus  |  Gesigmaskers  |  Handreinigers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.