Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Strenger inperking wag dalk op Gauteng

Gautengers kan strenger inperkingsmaatreëls te wagte wees omdat die infeksiesyfers in dié provinsie teen ’n kommerwekkende pas styg. 

Die naweek is 5 902 nuwe infeksies binne 24 uur in Gauteng aangemeld. Dit is die derde keer in vier dae dat meer as 5 000 nuwe daaglikse infeksies aangemeld word. 

Luidens die jongste amptelike syfers wat Sondagaand uitgereik is, is 4 891 uit die 7 657 nuwe gevalle in Gauteng.

sondag

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het Sondag aan eNCA gesê sy is baie bekommerd oor die stand van sake in Gauteng en die regering hou die hospitaalopnames, wat met drankmisbruik verband hou, dop.

“Ons is veral bekommerd oor sosiale byeenkomste wat mense bywoon. Dit gebeur veral oor naweke,” het sy gesê.

David Makhura, premier, het Saterdag op ’n besoek aan die Chris Hani Baragwanath-hospitaal gesê die regulasies in Gauteng is nie voldoende nie, het Netwerk24 vroeër berig. 

Hy het gesê die pandemie woed nou op sy ergste en geen deel van die provinsie is veilig nie. Altesaam 500 426 bevestigde gevalle van Ears-Cov-2 is sedert die begin van die pandemie in Gauteng aangeteken, waarvan 11 648 tot Covid-19-sterftes gelei het. Tot dusver is 450 513 mense ingeënt.  

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 20: Gauteng Pre
David Makhura, premier van Gauteng. Foto: Gallo Images

Makhura het gesê hulle praat reeds met die nasionale gesondheidsdepartement en ’n besluit sal binnekort oor die volgende stappe geneem word. Dié provinsie se infeksies kring ook verder uit. 

“Daarom moet die verspreiding van die virus hier in bedwang gebring word,” het hy gesê. 

Kubayi-Ngubane, wat die hospitaal saam met Makhura besoek het, het toe gesê die nasionale departement sal by Gauteng ingryp om die verspreiding van die virus in bedwang te bring.

Toetse vir die virus sal veral in die brandpunte uitgebrei word. 

Kubayi-Ngubane het Sondag ook aan die SAUK gesê die nasionale Covid-19-bevelsraad sal hierdie week oor die styging in die infeksies in die land en oor moontlike strenger regulasies vergader.

Meer oor:  Gauteng  |  Covid-19-Entstof  |  Bevelsraad  |  Infeksies  |  Hospitaal  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Koronavirussiekte  |  Gevalle  |  Entstof  |  Strenger Inperkings  |  Sterftes  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.