Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Groot kanker-deurbraak met nuwe bloedtoets

Navorsers het ’n nuwe bloedtoets bekend gestel wat meer as 50 soorte verskillende kankers kan opspoor.

Die toets is gegrond op DNS wat deur tumors afgeskei word en dan in die bloed sirkuleer. Dit fokus op die chemiese verandering in die DNS wat metileringspatrone genoem word.

Die toets kan veral wys op spesifieke kanker in die liggaam en nie net in die algemeen dat daar êrens kanker is nie.

Daar word reeds kliniese toetse met die bloedtoets gedoen. “Jy moet ’n toets soos dié gebruik op ’n onafhanklike groep mense wat kankerrisiko’s het om te wys jy kan die kankers identifiseer,” sê dr. Geoffrey Oxnard van die Dana-Farber-kankerinstituut aan Harvard se Mediese Skool.

Die bloedtoets is ontwikkel deur bloedmonsters van 4 000 mense te gebruik en kan dikwels kankers identifiseer voordat daar nog simptome is.

Die toetse was besonder akkuraat om 12 van die gevaarlikste kankers te identifiseer, ingesluit pankreaskankers.

Die toetse was besonder akkuraat om 12 van die gevaarlikste kankers te identifiseer, ingesluit pankreaskankers wat gewoonlik eers in ’n baie laat stadium gediagnoseer word.

“Dit is ’n rigtingveranderende studie en die eerste stap tot die ontwikkeling van maklike siftingsmetodes,” sê Fabrice André van die Institut Gustave Roussy in Frankryk, en redakteur van die vaktydskrif wat die deurbraak gepubliseer het.

“Die vroeër diagnosering van 50% van kankers kan jaarliks miljoene lewens wêreldwyd red.”

’n Deel van die navorsing was om dit op ’n groep van 1 264 individue te toets, waarvan omtrent die helfte kanker gehad het.

Die uitslag het getoon dat minder as 1% van die mense wat nie kanker gehad het nie, verkeerdelik wel kanker aangetoon het.

“Dit is regtig baie belangrik dat jy nie aan ’n pasiënt sê hy of sy het kanker as dit nie die geval is nie,” sê Oxnard.

Die stelsel het in 44% van die gevalle die korrekte voorspelling gemaak in die groep wat wel kanker gehad het. Die uitwys van die kanker was beter hoe verder gevorderd dit was. In fase een is dit 18% korrek geïdentifiseer en in fase vier 93%.

Dr. David Crosby, hoof van die vroeë opsporing van kanker by Kankernavorsing Brittanje, sê daar moet nog heelwat werk gedoen word.

“Nog navorsing is nodig om die toets se vermoë te verbeter om kanker in die vroeë fase te bespeur. Ons moet ook nog kyk na hoe die toets werk in ’n regte siftingsituasie vir kanker. – www.newscientist.com, The Guardian


Meer oor:  Harvard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.