Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Groot tekort aan hospitaal-beddens

Teen die tyd dat die piek van die Covid-19-infeksies in Augustus en September in Suid-Afrika bereik word, sal die vraag na beddens in hoësorg- en waakeenhede in Gautengse hospitale 8 000 teenoor die 1 122 beskikbare beddens wees.

Gauteng se LUR vir gesondheid, Bandile Masuku, het dit Dinsdag in antwoord op ’n vraag deur die DA in ’n virtuele sitting van die provinsiale wetgewer bekend gemaak.

Hy het daarop gewys dat volgens die regering se beramings sal die vraag na beddens in hoësorg- en waakeenhede aansienlik toeneem terwyl staatshospitale nie daaraan sal kan voldoen nie.

“Die getal beddens wat gedurende die piek benodig gaan word, sal sowat 8 000 wees. Die 1 122 beddens wat tans beskikbaar is, sluit nie die beddens in wat ons nog vorentoe beskikbaar gaan stel nie.

“Ons hoop dus dat met al die werk wat ingesit word, sal die verskil tussen die twee syfers nie so groot wees wanneer ons daardie punt bereik nie. Die verskil is tans 6 878.”

Masuku het gesê wat algemene hospitaalbeddens betref, sal 25 000 benodig word teenoor die 6 803 wat tans beskikbaar is. Dit is ’n tekort van 18 000.

Hy het egter gesê dat hierdie getal beddens nie die beskikbare beddens insluit wat in die private hospitale aangewend kan word nadat ’n ooreenkoms aangegaan is nie. “So, ons is voortdurend besig om kapasiteit in ons eie geriewe te skep soos ons vorentoe gaan.”

Wat betref die kritieke vraag na verpleërs, het hy gesê in die piektyd sal 3 042 benodig word. Die departement het tans 784 opgeleide hoësorg-verpleërs en ’n verdere 470 verpleërs wat al ondervinding in hoësorg het.

Die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, het oor Masuku se voorlegging gesê: “Die totale getal hoësorg-verpleërs wat na verwagting nodig gaan wees, is 3 042. Daar is tans net 1 254 opgeleide hoësorg-verpleërs en verpleërs met ondervinding in hoësorg in diens. Dit is ’n tekort van 1 788.”

“Die verwagte tekorte aan beddens en personeel is ’n groot bron van kommer. Dit is van kritieke belang dat die onderhandelings met die private hospitale so gou as moontlik afgehandel word en meer veldhospitale geopen word,” het Bloom gesê.

Meer oor:  Gauteng  |  Beddens  |  Hospitaal  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.