Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Groote Schuur se Covid-19-beddens byna vol

Die meeste van die 440 beddens in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad wat vir Covid-19-pasiënte beskikbaar gestel is, word beset deur mense wat op hul toetsuitslae wag.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê in hierdie stadium word 45 pasiënte met Covid-19 in Groote Schuur behandel.

Dié hospitaal neem daagliks sowat 25 pasiënte in wat met die virus besmet is of nog medies vir Covid-19 ondersoek word.

Daar is altesame 975 beddens in Groote Schuur en die situasie word bestuur soos wat meer beddens vir Covid-19-pasiënte benodig word.

Die Rooi Kruis-kinderhospitaal sê in ’n verklaring die pediatriese afdeling van Groote Schuur gaan in fases oorgeplaas word soontoe om die hospitaal (Groote Schuur) se kapasiteit vir die behandeling van Covid-19-pasiënte te vergroot. Dit sluit die personeel asook die nodige toerusting vir spesiale gesondheidsorg soos rehabilitasiegeriewe vir neurochirurgiese pasiënte in.

Dr. Matodzi Mukosi, uitvoerende hoof van die Rooi Kruis-hospitaal, sê hulle is deel van dieselfde familie in gesondheidsorg en help waar hulle kan. Die skuif sal verseker dat die pediatriese pasiënte steeds wêreldklas-behandeling kan kry.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê die verskillende hospitale in Kaapstad asook die groter provinsiale gebied werk saam aan een gekoördineerde plan. Die beskikbare kapasiteit van hospitale moet in dié lig gesien word as ’n geheel en nie elkeen op sy eie nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Groote Schuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.