Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
‘Groter borste’ newe-effek van Pfizer-entstof

Sommige vroue wat die Pfizer-entstof ontvang het, het die onverwagte newe-effek van groter borste aangemeld.

Algemene newe-effekte van Covid-19-entstowwe sluit in pyn op die inspuitingsplek, hoofpyn, moegheid of griepsimptome.

News.com.au berig baie vroue het opgelet dat hul borste en limfkliere “geswel” het nadat hulle die inspuiting ontvang het, wat tot die benaming “Pfizer boob job” vir die newe-effek gelei het.

Volgens die Australiese departement van gesondheid is infeksie in die limfkliere ’n minder algemene newe-effek van die entstowwe.

In Amerika, waar die entstofprogram verder gevorder is as in Australië, het dokters ’n toestroming van vroue aangemeld wat pas ingeënt is wat afsprake vir mammogramme maak.

Dr. Laura Esserman, direkteur van die Universiteit van Kalifornië in San Francisco se borssorgsentrum, sê vroue verwar geswelde limfkliere ná inenting met moontlike tekens van kanker.

“Ek is seker derduisende vroue sal beslis hierdeur geraak word,” het sy aan ABC7 Chicago gesê.

7 News.au berig sommige Twitter- en TikTok-gebruikers wêreldwyd sê hul “borste het groter geword” sedert hulle die inenting ontvang het.

“Ek kan bevestig dat Pfizer inderdaad jou borste laat groei,” sê ’n Twitter-gebruiker.

Nog een het geskryf: “Dit voel of my borste groter geword het weens Pfizer, of hallusineer ek net?”

Elle Marshall, ’n TikTok-gebruiker, het soortgelyke bewerings gemaak in ’n video wat 1,5 miljoen keer gekyk is.

CVBJ.biz berig ’n ene dr. Heinrich Bachmann het in ’n onderhoud met NRK verduidelik dat daar ’n tydelike “toename” in iemand se borsmaat ná die toediening van die entstof kan wees, wat veroorsaak word deur die tydelike swelling van die limfkliere, wat ’n paar weke lank kan duur.

Dr. Steinar Madsen van Noorweë sê 10% van vroue wat die entstof ontvang, sal geswelde limfkliere hê, wat daartoe lei dat die borste ’n bietjie vorentoe gedruk word en groter vertoon. – News.com.au, 7news.co.au, CVBJ.biz

Meer oor:  Pfizer-Entstof  |  Inenting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.