Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Halfmiljoen in Johannesburg op eHealth-stelsel

Die Johannesburg-metroraad het teen middel Augustus ’n halfmiljoen staats­pasiënte op die elektroniese gesondheidstelsel eHealth@Joburg geregistreer.

“Dit is ’n mylpaal in die geskiedenis van elektroniese gesondheidstelsels in Afrika,” lui ’n mediaverklaring van die metro.

Die stelsel is in Junie 2016 in 81 gesondheidsentrums bekendgestel.

“eHealth het ’n groeiende uitwerking op die verskaffing van primêre gesondheidsorg in die metro en maak die gesondheidstelsels doeltreffender en sensitiewer vir pasiënte se behoeftes en verwagtinge,” lui die verklaring.

Alle rekords van die gesondheidsdepartement was voorheen op papier.

Die stelsel werk ook tydens kragonderbrekings.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.